Vermeende stropers op pad na wildtuin gefnuik

Die voertuig is deursoek en daar is op .303-jaggeweer, nege rondtes ammunisie en stropingsgereedskap beslag gelê. Die vier insittendes is onmiddellik gearresteer

MALALANE – Vier vermeende renosterstropers is gistermiddag laat deur die polisie aangekeer toe hulle op die punt was om die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) binne te gaan.

Daar word vermoed dat dit hulle is wat in Maart ‘n renoster naby Phabeni onthoring het, sonder om die dier dood te maak. Die arme renoster het dae lank met ‘n gapende wond aan die gesig rondgeloop voordat dit uiteindelik deur veldwagters opgespoor en uit sy lyding verlos is.

Volgens ‘n SANParke-woordvoerder, mnr. Isaac Phaahla, het die polisie ‘n verdagte voertuig agterna gesit en naby die Malalane-hek aan die bestuurder beduie om stil te hou.

Die voertuig is deursoek en daar is op .303-jaggeweer, nege rondtes ammunisie en stropingsgereedskap beslag gelê. Die vier insittendes is onmiddellik gearresteer. Die voertuig sal verder gefynkam word vir moontlike leidrade.

“Ons het ‘n sterk vermoede dat die mans al voorheen renosters in die wildtuin gestroop het en ons dink ook dit is hulle wat die renoster naby Phabeni vermink het.”

 

 

 

Exit mobile version