Mbombela dans die vloer warm saam met Irene-Louise van Wyk

Irene-Louise van Wyk kuier by Oppi Hoek Pub&Grill om die tekkies te laat brand. Sy het 'n paar van haar oorspronklike liedjies asook ou treffers gesing.

Irene-Louise van Wyk het Saterdag by Oppi Hoek Pub&Grill opgetree.

Van Wyk het haar treffer, “Tekkies brand”, asook ‘n splinternuwe liedjie gesing, een wat nog nie amptelik vrygestel is nie.

ALSO READ: Malalane attorney in court on fraud charges: Zietta Janse van Rensburg’s legal woes continue

Dit was ‘n aand vol lekker musiek en baie dans, en die gehoor het dit terdeë geniet. Haar kitaarspeler, PC Vermaak, het die klank van sy snare deur die gebou laat vibreer.

Daar is, soos Van Wyk dit noem, golden oldies gesing wat die 80’s-aanhangers absoluut uit volle bors saam laat sing het. Ná 21:00 was daar amper nog niemand wat nie staande was nie.

ALSO READ: WATCH | Why the Kruger National Park dehorns rhinos

Die mengsel van 80’s, rock and roll en oorspronklike Afrikaanse musiek van haar verskeie albums het die atmosfeer jolig en partytjieagtig gemaak.

@lowvelder

Irene-Louise van Wyk deel haar nuwe song by Oppi Hoek Pub & Grill in Mbombela. #irenelouisevanwyk #oppihoek #oppihoekpubandgrill

♬ original sound – Lowveld Media

Exit mobile version