FOTOS: Cecilia van Wijk Kleuterskool word 60

Met hul aankoms is die kleuters en peuters gegroet met seepborrels en ballonne.

Cecilia van Wijk Kleuterskool het onlangs sy 60ste verjaarsdag gevier.

Daar was ook vir elke jaargroep springkastele en opblaaswaterglybane gehuur vir die dag. Dit was omtrent ‘n dag vol pret en plesier
en die kinders het duidelik hulself gate uit geniet.

Hannelie McGee, skoolhoof, het seker gemaak hulle is behoorlik bederf.

“Kleutertyd is kosbare tyd! Ons is dankbaar om al vir 60 jaar deel te wees van hierdie tyd in soveel kleuters se lewens.”

“Dankie aan elke ouer wat ons vertrou en ons ondersteun. Dankie ook vir elke personeellid wat glo in wat hul doen. Dit bly ‘n voorreg om ‘n kleuter se fondasie sterk te bou, sodat ‘n pragtige kasteel in die toekoms daarop gerig kan word,” het McGee aan Laevelder vertel.

SIEN OOK: Elandré tree op by Mustangs

Exit mobile version