Lydenburg konsert vat jou deur die heelal

Die laaste paar weke was die ene bedrywigheid by Laerskool Lydenburg. Die skool se jaarlikse konsert het verlede week ten einde geloop en vandeesweek het die jaarlikse prysuitdelings vanaf gr. R tot 7 oor vier dae plaasgevind.

Leerders en personeel het vanjaar ‘n skitterende vertoning op die planke gebring, waar baie werk ingesit in die kostuums, dekor en grimering vir die 10 konsertoptredes.

Met die tema Luna Solaris (die maan en son, lig en donker… die lig oorwin altyd) het die storielyn begin by die gr. R’s as ruimtevaarders waar twee ruimtepolisiemanne op hul roete besig was met visuele polisiëring tussen die planete in hul sterrestelsel.

Verskeie planete is deur die onderskeie grade uitgebeeld: gr. 1 – planeet Einstania, gr. 2 – planeet Belzagor, gr. 3 – planeet Euphoria, gr. 4 – Apocolypse, gr. 5 – Fire, gr. 6 – planeet Arrows en gr. 7 – planeet Galaxia.

Twee van die optredes is aangebied vir inwoners van die Wenakker-sentrum vir intellektueel-gestremde volwassenes, Rusoord Ouetehuis en kleuterskole.

Exit mobile version