GalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Dit reën kleur by Burgersfort laerskool se pretdraf

Dit was weer tyd vir die jaarlikse Burgie fees, en hierdie jaar was kleur by die mengsel gegooi

Die oggend het vroeg afgeskop by Laerskool Burgersfort se netbalbane/ Leerders, onderwysers en ouers het weggespring om deel te neem aan die kleurresies.

Die roete was nie te ver, maar dit was uitdagend. Enige Burgersforter wat weet waar die dorp se wateropgaardamme is, sal weet dit is ‘n stryd om daar uit te kom, en dit is presies wat hierdie deelnemers moes doen.

By elke waterpunt was sakkies verf uitgedeel waarmee die deelnemers mekaar kon bestook. Die eerste 60 deelnemers het medaljes ontvang.

Daarna het die modeparade plaasgevind waartydens die Mnr. en Mej. Burgie aangekondig is. Daar was heel dag vermaak op die verhoog en die geselligheid is later die aand by Die Plaashuis hervat waar Stephantasties die gehoor vermaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button