AdvertorialLocal news

SPONSORED | GEBORG | Maak gereed vir Mighty Men

Die jaarlikse Mighty Men-konferensie word vanaf 25 tot 27 Oktober by Klipspringer Lodge, Mbombela, aangebied.

Die Mighty Men-konferensie is ’n niedenominale beweging wat reeds 20 jaar gelede as ’n visie van die evangelis, Angus Buchan, begin het.

Dit word jaarliks wêreldwyd in verskeie lande deur duisende manne bygewoon.

Buchan het op God se roepstem gereageer om manne te mentor en hulle in die godgegewe rol waarvoor hulle geskape is, te bevestig; eerstens, in die familie-eenheid, dan in die kerk van die Here, en daarna in die samelewing. Die doel is om die manne te inspireer om in hul Christenskap as persone van integriteit, eerbaarheid en standvastigheid te groei.

Die man moet verstaan dat hy ’n driedubbele rol het, naamlik koning, om te voorsien aan sy familie se behoeftes; priester, om sy gesin in die weë en Woord van God te lei asook om vir hulle te bid; en dan profeet, om die wil, rigting en doel van sy gesin by God te kry en hulle daarin te lei.

Dit alles, sê Buchan, begin in die ‘kombuis’!

Die man moet eers as koning, priester en profeet in sy eie huis herstel word. Gesonde families word dan gesonde gemeenskappe en gesonde gemeenskappe vorm weer goeie volhoubare samelewings en regerings. Die man moet verstaan dat hy ’n driedubbele rol het, naamlik koning, om te voorsien aan sy familie se behoeftes; priester, om sy gesin in die weë en Woord van God te lei asook om vir hulle te bid; en dan profeet, om die wil, rigting en doel van sy gesin by God te kry en hulle daarin te lei.

In 2019 het die eerste Laeveld Mighty Men onder die geestelike leierskap van past. Johan Fullard van die Lowveld Vineyard Kerk in Mbombela plaasgevind. ’n Komitee wat verskillende kerke en beroepe in die Laeveld verteenwoordig, het sedertdien vier suksesvolle konferensies aangebied met ’n boverwagte opkoms sowel as inspirerende en lewensveranderde getuienisse wat daaruit voortgevloei het.

Ons is baie opgewonde oor die opkomende Mighty Men-konferensie 2024. Die komitee het met die fokus op pa en seun ’n paar verrassings bygereël

Ons is baie opgewonde oor die opkomende Mighty Men-konferensie 2024. Die komitee het met die fokus op pa en seun ’n paar verrassings bygereël, wat insluit: eerstens, ’n Cars in the Park-voertuiguitstalling met ’n spesifieke boodskap van visie en hoop deur ’n sakeman van die Laeveld, Martin de Lange; tweedens het ons vir Jannie Moolman, die hoof van die Mighty Men-konferensie, wat met ’n paar Pumas-spelers gaan gesels oor hoe hulle hulle geloof op die sportveld uitleef, waarna hulle beskikbaar sal wees om met die seuns te kuier.

Verder gaan die manne ook die naweek bederf word met die wonderlike sang- en Woordbediening van die bekende gospelsanger, Danie Botha!

Hier volg die volledige program, wat die aanbiddings, bediening, nagmaal, Woordbediening en Sondag-familiediens insluit, sowel as die sprekers:

Die konferensie duur vanaf 25 tot 27 Oktober en word by Klipspringer Lodge, 10 km op die Uitkyk-pad buite Mbombela, gehou.

Ingang en kampering vir die naweek is gratis! Daar sal kosstalletjies en ook ’n boekwinkel wees.

Die Mighty Men-konferensie beplan om op die Sondag op ’n hoogtepunt af te sluit deur die hele familie te bedien. Ons hoofspreker, Henk Kleinschmidt, bring die Woord.

Navrae: besoek www.mmclowveld.co.za of die Facebook-bladsy, of skakel Kobus by 082 084 8676 of Andrew by 081 373 8710.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button