Local news

Oud-Laevelder kook dat die stof so staan by Dakar

Oudleerling van Hoërskool Nelspruit, wat naam gemaak het as hoof - uitvoerende sjef by reuse-internasionale byeenkomste soos Dakar en die Formule 1-wedren in Saoedi-Arabië.

Hy mag dalk een van die bekendste sjefs in die wêreld wees, maar wanneer hy op tuisbodem is, smul hy graag aan sy gunstelinggereg…’n gebakte skaapkop.

So sê Barend Greyling, ‘n oudleerling van Hoërskool Nelspruit, wat naam gemaak het as hoof – uitvoerende sjef by reuse-internasionale byeenkomste soos die afgelope sokkerwêreldbeker.

Greyling is tydens die Fifa Wêreldbeker wat in Jeddah aangebied is, deur ‘n agent genader om die kombuisleisels vir die Dakar oor te neem.

Tans skarrel rond hy tussen die kookpotte by dié veldtydren wat in Saoedi-Arabië plaasvind en waar hy moet sorg dat nagenoeg 8 000 etes per dag bedien word. Sowat R10 miljoen word aan spyseniering bestee.

Braaivleis word by die eetsale voorberei.> Foto’s: Voorsien/Barend Greyling

Dit neem fyn beplanning om te sorg dat die kosvoorraad vars is. Dit word gewoonlik 72 uur vooruit aangekoop en dan in koeltrokke na Riyhad aangery.

@lowvelder

As a follow-up to the article published in Lowvelder on Thursday January 18, a former Hoërskool Nelspruit learner, Barend Greyling, sent Lowveld Media a video clip to show how catering is done in the middle of the desert of Saudi Arabia. He prepares meals for participants and their support staff. Video: Barend Greyling #dakar #dakar2024 #dakar2024❤️ #desertchallenge #desert #desertsafaridubai #mbombela #chef #localchef #nelspruit #cooking #buffet #yummyfood #lowveldmedia #lowvelder #hoërskoolnelspruit #kitchenhacks #saudiarabia🇸🇦 #desertfoodchallenge #cuisinetiktok

♬ original sound – Lowveld Media

Sestig persent van die daaglikse maaltye word hiér voorberei. “Hier word alle etes ge-blast freeze en dan in vrieskastrokke na onderskeie lokale verskuif waar dit dan in groot konveksieoonde warm gemaak word,” sê hy.

Die ander 40% soos slaaie, sop, braaivleis, waarvan skaap op die spit baie gewild is, word by die eetsale voorberei.

Greyling sê een van hulle grootste logistiese nagmerries is om daagliks die kos van die tydren se sentrale kombuis in Riyhad na die onderskeie venues aan te ry.

Die motorfietse jaag by Dakar. > Foto: Voorsien/A.S.O/A. Vincent/dppi

“Baie afgeleë lokale is moeilik bereikbaar en dan is daar ook geen bystand in noodgevalle nie.”

Gelukkig hoef hy nie alleen agter die kospotte te staan nie en word hy deur ‘n span van 120 sjefs wat van Suid-Afrika, Egipte, Indië en Nepal kom, bygestaan.

Lees ook: Nuwe inligting oor dubbelmoord in Mbombela werp baie lig op saak

“Die mense werk basies 12 tot 18 uur skofte, maar baie dae werk hul meer as 24 uur per skof. Veral wanneer hulle na die volgende bestemming moet reis, verg dit vernuf om hulle moreel hoog te hou omdat hulle sulke lang ure moet werk en vrek moeg raak.”

Hy sê dit is vir hom ‘n groot eer om as voorkeur-kandidaat vir dié groot internasionale byeenkomste gekies te word.

Griki, Barend en hulle dogtertjie Animi Greyling. > Foto’s: Voorsien/Barend Greyling

Greyling en sy vrou, Griki, het mekaar 11 jaar gelede in Kaapstad ontmoet. “Hy het by ‘n restaurant gewerk wat naby my kantoor was en so het ons paaie gekruis,”

Griki sê. “Behalwe dat hy ‘n baie goeie sjef is, is sy beste eienskap sy manier om met mense te werk, asook sy vermoë om enige situasie met positiwiteit aan te pak.”

Lees ook: VIDEO: Troupant geniet sy slangontbyt in Krugerwildtuin

Volgens Griki is Barend ‘n obsessiewe nuusleser en wanneer hy uiteindelik in Kaapstad terugkom, bring hy soveel tyd as moontlik saam met hulle driejarige dogtertjie, Animi deur.

Barend Greyling en sy dogtertjie Animi. > Foto’s: Voorsien/Barend Greyling

“En as hy skielik soek raak, is hy óf besig om tuin te maak óf om met iets in die kombuis te eksperimenteer.”

En wat gebeur as die laaste bord kos aan die einde van die Dakar opgeskep word? “Dan begin die voorbereiding vir die Formule 1-wedren wat in Jeddah in Saoedi-Arabië plaasvind. Ek is ook hier as hoof – uitvoerende sjef aangestel.”

Back to top button