Local news

Welbekende Laevelder sterf in botsing met vragmotor

’n Botsing teen ’n stilstaande vragmotor op die R40 het gister, 7 Desember, die lewe van ’n plaaslike man geëis.

André Scholtz is Donderdagaand 7 Desember van Witrivier na Mbombela onderweg toe hy noodlottig in ’n motorongeluk beseer is.Scholtz, beter bekend as Gé-Gé, het vermoedelik teen ’n hoë spoed met sy Toyota Hilux teen ’n stilstaande vragmotor op die R40 gebots.

Volgens paramedikus Martin Jeffrey was Scholtz in sy bakkie vasgekeer en moes hulle hom met reddingskake bevry.

Hy is op die toneel dood verklaar.Scholtz se verloofde, Elisca Sevenster, en haar vriendin, Michelle Nel, het kort daarna by die toneel opgedaag.

Lees ook: Jack Russell of a Mbombela family deals with venomous snake

Sevenster sê sy sal Scholtz se laaste woorde aan haar altyd onthou: “Jy is my span.”

Sy sê Scholtz se afsterwe kom aan die einde van ’n wonderlike lewensjaar.

Hy het sy 36ste verjaardag gevier en vir Sevenster die jawoord gevra. Hy het vir sy toekomstige stiefseun, Elruwe Rosner (6), ’n gholfstel gekoop. Scholtz en Elruwe het ’n voorliefde vir gholf gedeel.

Nel onthou Scholtz só: “Hy was the life of the party. Hy was regtig net ’n bondeltjie energie en liefde. Hy het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad en voluit gelewe! Hy gaan so gemis word. Hy was so geliefd!”

Die begrafnisreëlings sal eers getref word sodra Scholtz se ouers vanuit Mosambiek en sy broer uit Texas in Suid-Afrika geland het.

Back to top button