Local newsNews

Mikpunt van minimum 300 emmers vir behoeftiges in Lydenburg

Tydens die feestyd het baie nie eens die voorreg om 'n bord kos te geniet nie. Hulp word benodig vir Wings of Gratitude.

Vanjaar se mikpunt is om weer oor die feestydperk ten minste 300 emmers met negosieware vir behoeftiges en bejaardes op die dorp uit te deel.
Wings of Gratitude, ‘n organisasie sonder winsoogmerk, samel al vir etlike jare sulke emmers in. Die vroue agter die organisasie is Toinette Keel en Lorinda Kapp.

Lees ook: FOTO’S: Ontsnap saam met Wilna se foto’s na die wildtuin

“Ons vra asseblief die publiek se hulp om die emmers aan te koop. Ons het nog net 60 vir die komende feestydperk ingesamel. Dit bevat onder meer niebederfbare produkte soos blikkieskos, rakmelk, vlapoeier, suiker, meel, mieliemeel, stampmielies, kits- en geblikte sop, lensies, ontbytpap, rys en sout. Dit maak ‘n groot verskil vir mense wat glad nie kos in hul huise het nie. Indien daar kontantskenkings inkom, koop ons ook vleis aan,” sê Keel.

Om van hierdie projek weer vanjaar ‘n sukses te maak, vra hulle alle sakeondernemings se hulp.
Tans is sulke emmers by van die groot kettingwinkels teen R250 elk beskikbaar. Skakel Keel by 072 680 2434 of Kapp by 071 944 1175 vir verdere navrae.

Lees ook: Familie vind vrede nadat Ayden van Lydenburg se lyding verby is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button