NewsNews

Lowerryke tuin laat skilderye nog mooier vertoon buite Lydenburg

Kunsliefhebbers was dit eens dat Esmé Naudé se jongste werke haar unieke skildertalent na vore gebring het.

Die afgelope jaar het Naudé sowat 60 skilderye vir die uitstalling, wat vanaf 19 tot 21 Oktober plaasgevind het, voltooi.

Naudé het vertel dat haar gewrig vir amper nege weke buite aksie was, maar dat dit heerlik was om die gaste op Olifantshoek te ontvang.

Die plaas, geleë in die Watervalsrivervallei tussen Lydenburg en Ohrigstad, was die perfekte plek om die uitstalling te hou. Terwyl party gaste haar skilderye bewonder het, het ander reeds onder die bome gesit en verversings geniet.

Hanlie McGill, Anaïs Strydom en Ronél du Toit. > Foto’s Michelle Boshoff

Naudé se familie, bure en vriende het saamgespan om heerlike lekkernye soos sjokoladekoek en souttertjies voor te sit. Die lowerryke tuin het ‘n gesellige atmosfeer gebied.
Naudé is bekend vir haar nostalgiese tonele wat sy deels met ‘n paletmes skep. Dit staan bekend as die impasto-styl.

Haar olieverfskilderye hang in talle huise in Suid-Afrika en die mooi van die lewe word met elke kwashaal vasgevang.

Lees ook: Tragiese skietdood van 20-jarige laat Lydenburg-gemeenskap in skok

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button