Local newsNews

Maak litte los by pretloop vir Lydenburg Dienssentrum vir Bejaardes

’n Pretloop gaan op 5 Augustus almal inspireer om hul litte los te maak met lente wat amper om die draai is.

Die pretloop vind by Die Padstal plaas, en dit is ten bate van die Lydenburg Dienssentrum vir Bejaardes.

Dit is op die Dullstroom-pad (R540), sowat 5 km buite Lydenburg geleë. Bring gerus jul kleinspan saam. Honde is ook welkom, maar hulle moet aan leibande vasgemaak wees.

Lees ook: Mbombela-vrou waarsku oor bloekomolie ná man in hospitaal beland

Deelnemers kan vanaf 07:00 inskryf en die pretloop begin om 08:00. Die inskrywingskostes beloop R50 per persoon en almal wat dit voltooi, sal ‘n medalje ontvang. Daar is 5 km- en ‘n 8 km-roete.

Daar gaan verskeie stalletjies wees en Phoenix K9 Security is die hoofborg wat dit moontlik maak om dié fondsinsameling te hou. Die ander organiseerders wat dit borg, is Die Padstal, Ondago en Terra Events. Skakel 078 384 0330, of volg Terra Events op Facebook vir meer inligting.

Back to top button