Local news

Kuier saam by die Wegbreekfees in Mbombela!

Kom sit terug in jou kampstoel en skop jou skoene uit by die Laeveld se heel eerste Wegbreekfees wat hierdie naweek by Mbombela Stadion plaasvind.

Negentien kunstenaars, 15 belaaide ure en net een plek waar jy hierdie naweek sal wil wees: by die Laeveld se eerste Wegbreekfees!

Net soos die naam sê, is dié fees jou een-stop-kaartjie om weg te breek van die stadsrumoer, om terug te sit in jou kampstoel, jou skoene uit te skop en in jóú taal te ontspan.

‘n Sterbelaaide lys kunstenaars sal regstaan om die verhoog te betree. Hulle sluit name soos Demi Lee Moore, Die Heuwels Fantasties, Refentse, Jay, Nádine, Monique Steyn, Danny Smoke, Elizma Theron, Ivan Roux, Manie Jackson, Chris Else, Deon Groot en Touch of Class in.

LEES OOK: Nellies-wintersport belaai met aksie

Die fees skop vroeg om 09:00 Saterdag, 29 April, by die Mbombela Stadion af, en die jolyt hou aan tot middernag, met die laaste kunstenaar wat om 23:15 nog die mikrofoon sal vashou.

Die feesorganiseerders het verlede week die nuus aan feesgangers bekend gemaak dat Brendan Peyper dié geleentheid sal misloop weens ‘n onverwagse mediese diagnose, maar in dieselfde asem het hulle ‘n splinternuwe toevoeging tot die kunstenaarlys aangekondig. Hy het bekendheid verwerf met sy enkelsnit “Spieëltjie”, en was al onder andere in die Afrikaanse films Liefling en As jy sing te sien: Bobby van Jaarsveld.

LEES OOK: A Mbombela matriculant’s path made smoother

“Ons is ongelooflik opgewonde oor die heel eerste aanbieding van die Wegbreekfees, en ons hoop dat baie families sal deel in die opwinding en ‘n bietjie sal wegbreek om die fees by te woon,” het Herman Percival, een van die stigterslede en organiseerders gesê.

“Daar gaan ‘n monsterverhoog wees met ‘n verdere skerm in die skare wat sigbaar is vanaf die biertuin. Ons het ‘n dansbaan wat geleë is in die middel van die feesterrein en ‘n speelarea vir die kinders. Daar is ongeveer 45 stalletjies met genoeg kos en lekkernye.”

LEES OOK: Diesel se swaelinhoud by depot in Onderberg tóg te hoog bevind deur laboratoriums

As jy nog nie jou kaartjie gekoop het nie, moenie bekommer nie, daar is nog kans.

Kaartjies is Donderdag tussen 12:00 en 19:00 by Crossing SUPERSPAR te koop, asook Vrydag vanaf 10:00 tot 19:00. Kaartjies is ook nog aanlyn beskikbaar by www.tixsa.co.za.

Indien jy nie by Crossing kan uitkom nie, en beurtkrag kniehalter jou internetverbinding, kan kaartjies Saterdag by die stadion se kaartjiekantoor gekoop word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button