Local newsNews

Interhoër by Hoërskool Lydenburg spog met Ghost se kunsvernuf

Hoërskool Lydenburg speel Saterdag gasheer vir die BUCO Laeveld Interhoër 2023. 'n Gewilde plaaslike kunstenaar het onlangs sy kwas opgeneem om die fasiliteite so 'n bietjie op te tooi.

Met sewe skole, hul ondersteuners en almal se geesdrif en opwagting, gaan Saterdag se interhoër een vir die boeke wees.

‘n Skool kry slegs elke sewe jaar die geleentheid om die interhoër aan te bied.

Hoërskool Lydenburg verwag 2 000 toeskouers, sowat 1 000 atlete en 2 000 paviljoensangers.

Atlete van hoërskole Nelspruit, Laeveld, Lydenburg, Rob Ferreira in Witrivier en Barberton gaan deelneem, asook Penryn College en Lowveld High. Dié skole bring hul beste atlete om hul staal op die atletiekveld te wys en hul skole se naam hoog te hou.

Die bekende kunstenaar van Mbombela, Wouter de Witt, ook bekend as ‘Ghost’, verf Old Joe in Schoemanskloof gereeld oor volgens ‘n nuwe tema. Hy het spesiaal die fokusmuur by die atletiekveld nuut vir Saterdag oorgeverf.

Behalwe die atletiek kan die gaste ‘n paar verrassings verwag. Groot vermaak en geesdrif gaan deur die klowe dreun.

Lees ook: Rukwinde veroorsaak groot stormskade op Lydenburg

Back to top button