Local newsNews

Hou troeteldiere veilig oor die feestyd

Vra vriende of bure om seker te maak die diere is veilig.

Die naderende Kerstyd bring vir talle diere ‘n nare vooruitsig: hulle word by die huis agtergelaat, terwyl hul eienaars gaan kattemaai.

In hierdie tydperk word vuurwerke geskiet wat ‘n lawaai maak en diere geweldig ontwrig. Die DBV maan die eienaars om hul diere se veiligheid met die grootste sorg te verseker.

LEES OOK: Boeke uit pen van skrywer, perfekte geskenk

Die eienaars kan hul troeteldiere in hondehotelle of huurhondehokke vir die vakansie laat bly. “Daar is opgeleide mense wat na kliënte se huise toe gaan en daar mooi na die diere kyk. Dit kan onderskei word van ‘n buurman of kennis wat vinnig inloer om honde- of katkos te gee voor hy weer die pad vat,” het hy gesê.

Alhoewel hierdie diensleweraars nie in ‘n mens se huis bly nie, is hulle versorgers van formaat, wat diere van genoeg kos, liefde en aandag voorsien.
Maak seker daar is ‘n veilige en skoon leefruimte vir jou troeteldiere. Doen ook navraag by jou naaste veearts of hulle bewus van mense is wat troeteldiere oppas en hulle daagliks besoek.

Back to top button