Local news

Dis eers weer vólgende jaar Bateleur Liggiefees

Daar is ongelukkig nie vanjaar 'n Bateleur Liggiefees nie. Hier is egter Bateleur Landgoed se toekomsplanne vir dié fees.

Mbombela-inwoners weet Bateleur Landgoed is een van die plekke om Kerstyd te gaan liggies kyk, maar ongelukkig nie hierdie jaar nie.

Tydens hul strategiese beplanning vir die komende jaar en met heelwat insette van die Bateleur-inwoners, is daar besluit dat die Bateleur Liggiefees voortaan slegs elke tweede jaar aangebied gaan word.

“Dit gee eerstens vir ons inwoners ‘n blaaskans, maar verseker terselfdertyd dat ons elke tweede jaar ‘n pragtige Liggiefees kan aanbied. Daar word reeds planne gemaak vir Desember 2023 se Liggiefees, so hou ons dop!” het Bateleur aan Laevelder bevestig.

LEES OOK: Sommige Mbombela-wonderwerke word tuis voorberei

“Ons wou egter steeds ‘n geleentheid skep waarmee ons in die gemeenskap kan terugploeg, en daarom hou die inwoners op 9 Desember ‘n Kersliedere by Kerslig-geleentheid.”

Tydens hierdie samekoms sal hulle ‘n skenking kan maak ten bate van Nelspruit Hospice. Die inwoners se vriende en familie is welkom om hierdie geleentheid by te woon.

Back to top button