Local newsNews

Lydenburg Wyngilde ontdek goeie pasmaats vir vis- en seekosdisse

Vis en seekos was die tema vir Donderdag 17 Maart se proe by Ocean Basket, Lydenburg.

Die Lydenburg Wyngilde se Maart-proe het ‘n visgeur gehad. Een van vanjaar se temas is om die regte pasmaats vir sekere kossoorte en disse te beproef.

Dr. Jakkie Swanepoel het die gildelede en wynliefhebbers aan vyf witwyne en ‘n rosé laat proe. Al ses wyne was bekostigbaar en gewild.

Salome Daniels en Bettie Opperman.

Die kultivars was onder andere ‘n chenin blanc (Bonnievale se River Collection), sauvignon blanc (Leopard’s Lewa pen Mulderbosch), ‘n De Wet Chardonnay en ‘n colombard (Bon Courage se André’s Fame 2021), wat as wyn van die aand en beste waarde vir geld aangewys is.

Die proe is met Darling Cellars se Pajama Bush Rosé afgesluit, ‘n versnit van 96% sauvignon blanc en 4% grenache. Almal was dit eens dat al ses die wyne Ocean Basket se visdisse uitstekend gekomplementeer het. Die volgende proe is op Donderdag 21 April by Café Crust. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp na Gerda Whitehorn by 079 515 7799.

Lees ook: Oud-Lydenburger teken nuwe rekord aan en word as pampoenkoning gekroon

 

Fanus en Thea Potgieter.
Emma During en Carol Berlein.

Back to top button