Local newsNews

Recce-storieaand bring baie weermagnostalgie

Gaste het die geleentheid gehad om saam met weermagveterane en voormalige spesialemagte-operateurs te kuier.

Met ‘n heerlike braaiete deur die Hervormde Kerk Lydenburg voorberei en nostalgie oor die Suid-Afrikaanse Grensoorlog en weermagdae, kon gaste nie anders as om op Vrydag 25 Maart gesellig by die Yellowwood Venue by Coromandel te kuier nie.

Jack Greeff en Callie Roos, twee voormalige recces (‘n verkorting vir die woord reconnaissance) het die gaste oor hul tyd as spesialemagte-operateurs in Angola en ander lande toegespreek.

Jack Greeff.

Greeff het onder meer oor sy boek, A greater share of honour: The memoirs of a Recce Officer gesels. As ‘n jong stafsersant in die recces het Greeff diep in die vyandelike gebiede vir die Suid-Afrikaanse Weermag oorlog gevoer. Hy was deel van ’n tweemanverkenningspatrollie wat onder die vyand se neus in Angola gewerk het.

Weermagstories soos met ‘Operasie Amazon’ in Angola is gedeel.

Greeff en Roos het beide gedeel hoe hulle vir die recces gewerf is hoe hulle om oorlewing geveg het. Van die medaljes wat Greeff ontvang het, was een die welverdiende Honoris Crux.

Nadat hy tot die rang van majoor gestyg het, het hy bedank om ‘n loopbaan as ‘n wildveldwagter na te streef. Hy het sedertdien suksesvol teenstropingsoperasies geregisseur, eerstens in die Krugerwildtuin en later elders in Afrika.

Dié geleentheid het bewustheid geskep vir die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte-vereniging (Sasfa), waarvan Greeff en Roos deel is. Sasfa is ‘n organisasie sonder winsoogmerk vir militêre veterane.

Lees ook: Kruie en ouwêreldse gasvryheid op eie werf

‘Operasie Amazon’ in die suide van Angola.
‘Operasie Amazon’ se doel was deels om die brandstofopgaartenks in die hawe van Lobito te vernietig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button