Local newsNews

Ilana benodig ’n rolstoel na Pusher se sindroom diagnose

Die sprankelende Ilana Thomas (11) van Lydenburg is nou naby genoeg aan die huis dat haar ma se vriendinne haar met koek in die hospitaal kan bederf.

Sy kon egter nie self daarvan eet nie, maar haar ogies het gewys sy is baie bly oor hierdie kleurvolle verrassing. Ilana ontvang voeding deur ‘n voedingbuis, maar sal wel oor ‘n paar weke vaste kos kan inneem, glo die dokters.

Ilana is tans in die Medi Clinic in Mbombela en sal daarna na die StepMed Rehabilisasiesentrum oorgeplaas word. Sy het op Maandag 24 ‘n breinoperasie by die Unitas Hospitaal in Pretoria ondergaan het. Pusher se sindroom is na die breinoperasie by haar gediagnoseer. Sy benodig ook ‘n spesiale rystoel wat die familie nie tans kan bekostig nie.

Lees ook: Kruise van Engelse grafte uit Boereoorlog gesteel

 

Ilana in Unitas Hospitaal na die operasie.

“Ons bybetalings en rekeninge hoop net op. Dit wil tans voorkom dat hierdie rystoel nie goedgekeur gaan word nie. Dit het Ilana so goed gedoen om bekende gesigte te sien en sy het van oor tot oor geglimlag toe sy die koek sien. My dogtertjie het vir seker ‘n soettand,” het Elaine Thomas, haar ma gesê. Ilana se spesialiste, drs. Michael Lippert en Joachim Mennen, het ‘n paar dae na haar operasie by Unitas haar ouers meegedeel dat daar ‘n lang herstelpad vir haar voorlê. Direk na die operasie het drie beroertes gevolg en ‘n reuse-epileptiese aanval in die daaropvolgende dae.

Ilana Thomas met ‘n lekker melkskommel.

Die moedige dogtertjie met Downs se sindroom, het voor die operasie geen motoriese probleme gehad nie en was verbaal. Sy is tans verlam aan haar linkerkant, wat deel van Pusher se sindroom se simptome is. Die eens woelige 11-jarige, ‘n leerder aan Estralita Spesiale Skool, het op Kersdag haar eerste beroerte gehad. Daarna is Moyamoya-sindroom in Januarie by haar gediagnoseer.

“Die sindroom word ook die rookwolkiesindroom genoem word. Dit is baie seldsaam. Dit veroorsaak dat die bloedvate na die brein vernou en verdik,” het Elaine gesê. “Moyamoya” is ‘n Japanese term en die sindroom is in die vroeë 1960’s vir die eerste keer gediagnoseer.

In leketerme beteken dit die netwerk van vernoude kapillêre bloedvate lyk soos ‘n rookwolkie wanneer dit geskandeer word. Met hierdie tipe operasie verbind die dokters ‘n spesifieke tak van die kopvelslagaar aan ‘n ander tak wat aan die breinslagaar op sy buitenste oppervlak gekoppel is. Op hierdie manier gee chirurgie ‘n onmiddellike verbetering in die toevoer van bloed en suurstof na die brein.

Om enige finansiële hulp rakende die kostes van die operasie en terapie vir Ilana aan te bied, whatsapp Elaine by 076 514 9480.

Back to top button