Local newsNewsNews

Noodbuikoperasie lei tot verdere komplikasies

Dit lyk asof iemand hom in 'n slaghuis oop-geslag het. Só beskryf Melanie Barnard 'n snywond aan haar man, Jan (42), se buik nadat hy onder die skalpel van dokters in Rob Ferreira Hospitaal deurgeloop het.

Jan, ‘n bekende motorwerks-winkeleienaar in die stad, is op 20 Januarie met erge buikpyn in die hospitaal opgeneem nadat hy deur sy privaat dokter verwys is.

Sy dokter was van mening dat hy ‘n blindedermprobleem het en voorgestel dat dit uitgehaal moet word. Die medici by Rob Ferreira Hospitaal het hom opgeneem en die oggend van 21 Januarie ‘n noodoperasie op hom gedoen.

Toe Jan later van sy narkose wakker word, moes hy sien dat hy twee lang snye, elk van sowat 15 cm lank, op sy maag het.

Hy is toe ingelig dat die chirurge tydens sy noodoperasie nie sy blindederm kon opspoor nie. Hulle het toe sy ingewande uit die buikholte gehaal om na die ontwykende dermpie te soek.

ALSO READ: Operation postponed for the 7th time

“Vir my is gesê hulle het dit gekry en verwyder. Ek het gevra of my blindederm gebars het. Hulle het nee gesê,” sê Jan.

Hy is later ontslaan.  “Ek het die volgende dag gemerk sy buik is geswel, maar het aanvaar dit is normaal,” sê Melanie.

Teen Maandagoggend was sy maag só geswel en was hy in sulke erge pyn, dat sy hom na die Kiaat Hospitaal geneem het.

ALSO READ: Trial of murder and defeating ends of justice accused postponed again

Hier het die dokters wéér ‘n noodoperasie gedoen. Daar is toe vasgestel dat sy blindederm reeds ‘n geruime tyd gelede gebars het. Dit is glo nie eers deur die Rob Ferreira- chirurge agtergekom nie. As gevolg van die besmetting in sy buik het hy erge septisemie ontwikkel.

By Kiaat is sy ingewande uitgehaal en die hele buikholte skoongemaak in ‘n poging om die infeksie teen te werk.
Omdat die infeksie so groot was, het die dokters nog nie sy buik toegewerk nie. Tans lê Barnard by die huis en moet elke tweede dag dokter toe gaan sodat die wond skoongemaak kan word.

“Hulle kan die gat in my maag eers toewerk as al die infeksie onder beheer is.

ALSO READ: Rob postpones pensioner’s op for sixth time

Intussen lê hy by die huis met ‘n gapende buikwond en ‘n hospitaalrekening van bykans R160 000, geld wat hy in kontant aan Kiaat moes betaal voordat hulle hom wou behandel.

Die Barnards het tans nie ‘n mediese fonds nie.

Melanie sê hulle het reeds die week regsadvies ingewin om ‘n siviele saak van nalatigheid teen Rob Ferreira in te dien.

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het teen druktyd nog nie op navrae van Laevelder gereageer nie.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button