Local newsNews

Baba MJ sterf na dapper stryd van agt maande

Klein MJ Erasmus is gisteraand om 20:45 in die Nelspruit Mediclinic oorlede nadat hy Vrydag in die hospitaal opgeneem is. Hy was agt maande oud.

Laevelder het vroeg in April berig dat daar medies gesproke niks meer was wat vir MJ gedoen kon word nie.

Vandat hy op 2 September in Mediclinic Nelspruit gebore is, was sy lewe vol uitdagings.

LEES OOK: Bid vir baba MJ Erasmus

Voor sy geboorte is hy met klompvoetjies gediagnoseer. Na sy geboorte is hy met agenesie van die corpus callossum en kraniosinostose gediagnoseer, wat beteken dat hy nooit op sy eie sou kon asemhaal nie en dat sy brein nooit verder as dié van ‘n pasgebore baba sou ontwikkel nie.

Laevelders was van die begin af aangegryp deur die verhaal van die dapper seuntjie en het saam met die Erasmus-gesin gejuig, gehuil en gebid elke keer as daar ’n verbetering of ’n terugslag was.

MJ se ma, Adri, sê MJ het tot aan die bitter einde geveg.

“Ons is stukkend, maar ons gun hom die rus sonder pyn,” het sy gesê.

Back to top button