Local newsNews

Plaaslike sanger aangewys as finalis in sangkompetisie

Die plaaslike sanger, Lonita Swift, is as 'n finalis aangewys in die nasionale sangkompetisie, Kollig.

Swift is een van 100 finaliste wat uit omtrent 1 000 inskrywings deur ‘n paneel beoordelaars aangewys is. Die eintlike wenners word egter deur die publiek aangewys deur wyse van die stemproses.

Die kompetisie is verdeel in drie kategorieë, waarvan Swift in die naskoolgroep val. ‘n Wenner sal uit elke kategorie, naamlik junior (sewe tot 13 jaar), senior (14 tot 18) en naskool (19 en ouer) aangekondig word na stemlyne op 7 Mei sluit.

LEES OOK: Bevorder toerisme en stem vir Mbombela

“Ek wil graag elkeen bedank wat tot dusver vir my gestem het,” het Swift aan Laevelder gesê. Sy beskou dié ondersteuning as motivering vir die harde werk wat sy terugploeg in haar sangloopbaan en die moontlike bekendstelling van haar eerste CD.

Die Kollig-wenners sal elk ‘n lied opneem, ‘n gratis fotosessie ontvang en ‘n musiekvideo – wat op nasionale televisie uitgesaai sal word – skiet. Stem vir Swift deur K85 na 47620 te SMS (R3 per SMS). Swift en die ander finaliste se inskrywingsvideo’s is beskikbaar op Kollig se webwerf: www.kollig.org.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button