Local newsNews

Vetkoekverkope help om Bybels te betaal

Vetkoeke en boereworsrolle was aan die orde van die dag by die NG Kerk Nelspruit se fondsinsameling vir die verspreiding van Bybels verlede Donderdag.

Daar is ’n aantal van 500 vetkoeke en 150 boereworsrolle gemaak, wat duidelik die gunsteling onder lidmate blyk te gewees het. Koeldranke was ook beskikbaar.

Ds Jaco Strauss het gesê die dag was nou wel vir fondsinsameling, maar ook om weer ’n bietjie die lidmate te sien en samehorigheid te hê.

Ter wille van Covid-19-regulasies het diegene wat kos bestel het, hulle maaltye deur middel van ’n deurry-sisteem by die kerkterrein gaan afhaal.

LEES OOK: Feeding Frenzy-eienaar brei uit oor saga met DBV

Die grootste enkele bestelling was 36 vetkoeke. Mense moes vooraf bestel en sommige verbygangers het nuuskierig kom deurry net om teleurgesteld weer daar weg te gaan, siende dat die voorraad streng volgens bestellings gemaak is.

Strauss was positief dat hulle hul teiken van minstens R6 000 behaal het deur die dag se verkope.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button