GalleriesLocal newsNewsSports galleries

Ratels begin oefen vir ‘n tawwe seisoen wat wag

Dorpsrugby is een van die aangenaamste aktiwiteite wat die meeste onderskat word.

Met die nuwe seisoen net om die draai, is dit natuurlik ook tyd vir die manne van die Ohrigstad Ratels om weer fiks en spelgereed te word. Die eerste reeks toetse van die seisoen skop eerskomende naweek in Malalane af, waar verskeie dorpspanne mekaar die stryd gaan aansê tydens taai, dog vriendskaplike toetse.

Steelburger/Lydenburg Nuus het gaan inloer by die Ratels se oefensessie Dinsdagaand om te kyk wat die manne hierdie jaar in die mou voer. Hulle afrigter van verlede jaar het uitgetree, wat beteken dat iemand nuut agter die fluitjie is, en dit is Marius Webber.

Lees ook  meer oor die Ratels hier: Ratels Rugby

Die hulpafrigter, Panda Richards, staan ook gereed om hierdie groep manne te lei om die beste van die seisoen te maak.

Soos enige ander jaar het hulle die dorpstoernooibeker in die oog. Hulle gaan almal klipharde rugby speel om te verseker dat hulle die beker terugbring na Ohrigstad. Die spelers oefen elke Dinsdag- en Donderdagaand op Winterveld se bane. Indien enigiemand belangstel om te speel, kan hulle gerus kom inloer by een van die oefensessies. Oefentye is van 18:00 tot 20:00.

Back to top button