GalleriesHealthLifestyleSchools galleries

Skool wys hulle gee om vir die gemeenskap

Jakkals Akademie se personeel, leerlinge, ouers en vriende het Saterdag gewys dat hulle harte warm klop vir ander toe hulle 'n kankerloop vir 'n inwoner van die dorp aangebied het

LYDENBURG – Jakkals Akademie se personeel, leerlinge, ouers en vriende het Saterdag gewys dat hulle harte warm klop vir ander toe hulle ‘n kankerloop vir ‘n inwoner van die dorp aangebied het.

Nadat die betrokke begunstige se daaglikse uitdagings met kanker onder die skool se aandag gekom het, is besluit om ‘n daadwerklike poging aan te wend om haar te help.

Getooi in ietsie pienk het stappers vroegoggend die pad vanaf die skoolterrein op die De Kuilen-afdraai tot by Spaar-O-Rama aangedurf. Terwyl hulle geloop het is donasies van die gemeenskap gevra en daar is ook van deur tot deur geloop.

Volgens Esmé Bezuidenhout, ‘n onderwyser van die skool het die kankerpasiënt  gevra om haar identiteit te verswyg. Uit respek het ons dit gedoen, maar steeds vir haar geld ingesamel. Al die geld wat gein is, sal aan haar oorhandig word en sy kan besluit hoe sy dit wil aanwend.”

Back to top button