AnimalsAnimalsEnvironmentalLocal newsNewsNews

Honde kort steun vir rehabilitasie

Home 4 Paws benodig dringend 'n isolasiekamer waar siek en weggooihonde afgesonder kan word.

LYDENBURG – Home 4 Paws benodig dringend ‘n isolasiekamer waar siek en weggooihonde afgesonder kan word.

Die diereskuiling is veral op soek na enige boumateriaal soos bakstene, sement, sand en sink vir die bou van die kamer.

Met die winter wat naderkom, benodig die skuiling ook komberse, kos en speelgoed vir die klein hondjies.

Volgens die eienaar, Cathy Schutte, gaan Doggy in the Parlour ook ‘n kompetisie van stapel stuur ten bate van die skuiling. Kaartjies is slegs R10. Beantwoord slegs die vraag: Wanneer vier die hondesalon sy tweejarige bestaan?

Een gelukkige wenner sal ‘n R500-geskenkbewys ontvang. Kompetisievorms is by Doggy in the Parlour beskikbaar.

Back to top button