Beauty & fashionEntertainmentLifestyleLocal newsNewsNews

Ware skoonheid gaan nie net oor die lyfie nie

Dit is die woorde wat Estelle Kemp (28) aan elke vrou wil oordra. Estelle is onlangs as die enigste finalis vir Ms Plus Size South Africa in Mpumalanga aangewys.

LYDENBURG – “Elke vrou is mooi van binne en buite. God maak nie lelike mense nie.”

Dit is die woorde wat Estelle Kemp (28) aan elke vrou wil oordra. Estelle is onlangs as die enigste finalis vir Ms Plus Size South Africa in Mpumalanga aangewys. Sy is deur die beoordelaars as een van die top-10 aangewys nadat honderde inskrywings van regoor die land ontvang is.

“Ek het die vorm op Facebook gesien, maar wou nie inskryf nie. Die vrou wat dié kompetisie egter begin het, Tebogo Mojadji, het my toe sommer self ingeskryf. Ek is die enigste Mpumalanga-finalis, die res is almal van Gauteng.”

Die inskrywing deur Mojadji het toe wel gewerk. “Ek voel goed daaroor. Ek is baie opgewonde.”

Estelle is ‘n oudleerder van Hoërskool Lydenburg en bly al vir die afgelope

10 jaar in die dorp. Sy is met Deon getroud en hulle het twee seuns. “Ek het nog nooit in my lewe vir ‘n skoonheidswedstryd ingeskryf nie. Dit was die eerste keer. Groter vroue moet weet dat hulle ook mooi is.”

Die komende naweek vind die eerste fotosessie in Randburg plaas. Op

27 Februarie is dit die vooraf-beoordeling by die Fire and Ice Protea Hotel in Menlyn en die kroning van Ms Plus Size South Africa is op 16 April by die Atterbury-teater in Lynwood.

Voor dit egter alles plaasvind, moet Estelle sowat R9 000 insamel. Van dié geld moet sy reeds R3 500 voor 10 Februarie hê.

Sy moet dit deur borgskappe inwin. “Dit sluit in die verkoop van vier vierballe om op 18 Maart op die Silver Lakes-gholfbaan te gaan speel. Die koste is R1 200 vir ‘n bal en die geld gaan alles vir liefdadigheid.” Sy moet ook 15 kaartjies vir die kroningsaand verkoop. Kaartjies vir dié aand beloop R500 per persoon.

Intussen wil sy ander vroue aanmoedig om ‘n kans te waag. “Iewers gaan iemand jou raaksien.” Skakel 071-322-7073 om met Estelle in aanraking te kom vir kaartjieverkope of borgskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button