Beauty & fashionLifestyleLocal newsNews

Aspoestertjie na Prinses

In die tyd van hebsug, korrupsie, geweld en misdaad, is daar ook mooi stories in die lewe. Stories van mense wat omgee vir hul medemens; mense wat ‘n verskil maak in ander se lewens, wat deur een spesiale daad, iemand se lewensweg in ‘n heel ander rigting kan stuur. Een van ons korrespondente se paaie het …

In die tyd van hebsug, korrupsie, geweld en misdaad, is daar ook mooi stories in die lewe. Stories van mense wat omgee vir hul medemens; mense wat ‘n verskil maak in ander se lewens, wat deur een spesiale daad, iemand se lewensweg in ‘n heel ander rigting kan stuur. Een van ons korrespondente se paaie het verlede week met ‘n eienaar van ‘n skoonheidsalon in die dorp gekruis. Sy doen al die afgelope tien jaar vir twee meisies wat op haar hart gelê word, moeite om hulle matriekafskeid baie spesiaal te maak. Vanjaar het sy gevoel om ‘n ma en dogter te bederf en het sy vir Celeste Steenkamp en haar moeder genader. Hulle was opgewonde en dit was Celeste se heel eerste keer dat sy ooit haar naels by ‘n salon kon laat doen. Die skoonheidsdeskundige wat nie graag haar naam genoem wil hê nie, vertel dat sy aangegryp was deur hierdie jong dogter voor haar. Soos die horlosie getik het, het sy net meer en meer bewus geword van hoeveel ongelooflike onontdekte skoonheid en gawes in haar verskuil lê. Na die grimeersessie het sy gesien hoe aspoestertjie, ‘n stil, ingetoë tienerdogter met hartseer in haar oë, ‘n gedaantewisseling ondergaan en in ‘n pragtige prinses met selfvertroue verander. Dit was duidelik dat Celeste self ook nie bewus was van wat in haar ingebou is en hoe pragtig sy eintlik is nie. Ná die tyd is daar ‘n fotosessie gehou om die geleentheid vas te vang en die oomblikke te onthou. “Die kind het ‘n wonderlike natuurlike vermoë om met die kamera te kommunikeer. Ek het verstom gestaan. Dis of sy ‘n ander mens word aan die anderkant van die lens. Dit is my hartsbegeerte dat iemand haar sal ontdek en dat sy die geleentheid in die lewe sal kry om te doen waarvoor sy aangelê is, dit wat haar gelukkig maak.” Soos die afspraak gevorder het, het die gesprek gelei na die toekoms. Op ‘n vraag van wat sy na skool wil doen, het Celeste gesê dat sy daaraan dink om ‘n “trokdrywer” te word. Omdat dit moeilik was om hierdie mooi klein mensie agter die stuur van ‘n groot vragmotor te sien, is daar aan haar gevra wat die rede sou wees daarvoor. “Tannie, ek wil graag reis. Ek wil baie plekke sien.” Vir Celeste wat tot dusver met min in die lewe tevrede was en dit nie breed het nie, het dit as ‘n opsie gelyk om by haar droom uit te kom. “Ek was so ontroer hierdeur. Ek het gewens dat sy haarself kon sien soos ek haar vandag gesien het. Dat iemand anders ook kan sien en haar help om by haar droom uit te kom. Om haar gawes en talente ten volle te ontwikkel. Daarom het ek besluit om met die koerant te gesels.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button