BlogsFeaturesLifestyleNewsOpinionPeopleTrending

Die man wat romanse aan die lewe geskets het

Vir Pieter van der Merwe is Jozanne Maritz só mooi dat hy haar moes skets. Die gebaar het duisende verbeeldings aangegryp. Ons gesels met die man agter die kunswerk.

Pieter van der Merwe het die spyker uit die ridder se doodskis getrek. En dit was hoog tyd.

Ons leef in ‘n vreemde tyd. Vroue kla dat mans hulle nie meer jag nie en mans reken soms dat vroue die kluts kwyt is. Hofmakery is uit die oude doos en enkellopendes kla alewig op sosiale media oor hulle lot omdat niemand van die ander geslag glo moeite doen nie.

Romanse is vir baie ‘n konsep wat iewers in ‘n trommel saam met die kinders se feëverhale gebêre word.  Dis dié dat baie geglo het dat ridders uitgesterf het.

Toe sien Pieter ‘n vrou wat vir hom mooi is en doen iets wat baie se voete onder hulle uitgeslaan het: hy teken ‘n skets van haar en plaas dit op Facebook saam met hierdie boodskap:


“So…There is a girl… somewhere in Stellenbosch
I have a suspicion that this girl has a great passion for the arts…
Now… I like this girl. A lot.
But she doesn’t know that I do… In fact, she doesn’t even really know who I am yet.
So… I drew this pencil sketch for her. It is a portrait of the absolutely stunning girl which I am referring to.

The reason I made the sketch was in the hope that I will have the opportunity to give it to her as a gift and maybe, just maybe, get the opportunity to take this beautiful girl on a date where, of course, I can personally tell her that she is the most beautiful person I had ever have the honour to lay my eyes upon. Unfortunately, I cannot contact this girl directly at the moment, so I’m making use of the powerful social network environment to try and let this beautiful girl know that there is a guy out there that thinks the world of her and he wants to give you something…
So here goes, my hope is that it reaches her… and that she likes my drawing :)”

Jozanne Maritz.
Jozanne Maritz.

Die gebaar het landwyd opslae gemaak.  Lesers van ons DONDERDAG – BLOG – kliek hier vir meer se kommentaar het vir nog gevra.

Ons het by Pieter aangeklop om te verneem hoe die lewe lyk vir die man, volgens sommiges, ridders weer lewend gemaak het.

“Ek sal nie sommer iemand nader as ek nie seker is oor die meisie en wat ek wil doen nie,” sê Pieter. Hy vertel dat hy nie oor die algemeen ‘n vertonerige ou is nie. “Ek’s out there tussen die mense met wie ek gemaklik is, maar andersins is ek eintlik maar ‘n skaam ou as dit by meisies kom – ek kruip weg!”
Wanneer Pieter wel die kat behoorlik uit die boom bekyk het, sal hy tot aksie oorgaan. “As ek seker is oor iets, is ek meer as bereid om groot te gaan. En dan is dit presies wat ek doen – ek gaan GROOT.”

Pieter het tussen ses en agt uur aan die prent van Jozanne geteken. Die skets was nog onvoltooid toe dit op sosiale media gepos is. Net Jozanne sal die finale skets sien – dis immers vir haar geteken.

Die gebaar het Jozanne se aandag getrek en die twee gesels nou via Facebook. “Ons sal vir eers oor ‘n koppie koffie bymekaarkom. As dinge goed gaan, sal ek haar uitneem op die beste first date van haar lewe!”

“Alhoewel sosiale media ‘n fantastiese kommunikasiemiddel is, moet ‘n mens versigtig wees wanneer dit by dating kom. Jy moet weet waar om die lyn te trek. Ek het Jozanne wel met behulp van Facebook opgespoor, maar ons gaan nie voortaan in die openbaar gesels nie. Van hier af is dit persoonlik.

Baie wil weet wat Pieter sal doen as Jozanne met verloop van tyd besluit dat sy nie belang stel nie? “Dan maak ek maar ‘n sketsie van Kate Upton,” kom die spitsvondige antwoord.

Pieter van der Merwe.
Pieter van der Merwe.

Vir vroue wat kla dat mans nie vir hulle die hof maak nie, het hy goeie raad. “As jy nie vir ‘n man rede gee om in jou belang te stel nie, kan jy nie verwag dat hy sal belangstel nie. Met ‘rede’ om in jou belang te stel bedoel ek dít: wees ordentelik, respekteer jouself, hê jou waardes intakt. Dra jouself te alle tye so – in die openbare oog en andersins. Watter ou sal nie daarop verlief raak nie?”

Hy sê dat dit hierdie optrede is wat hom tot Jozanne aangetrokke laat voel het. “Sy is natuurlik ook ongelooflik mooi,” voeg hy by.

Pieter sê dat sy vriende sy gebaar ondersteun. “Hulle dink dit is awesome! Ek kry oor die algemeen positiewe terugvoer.” Dit vat baie waagmoed om ‘n openbare boodskap te plaas sonder om te weet of dit gaan werk of nie. Sy pa en broer is woes beïndruk met die man. “My pa en broer dink ek is ‘n legend! Hulle vergeet net ek was nog altyd een,” skerts hy. “My susters was nog nooit so opgewonde nie. Ek hoop ek sal eendag die kans kry om Jozanne aan hulle voor te stel.”

Daar is een of twee wat dink dat Pieter se gebaar vreemd is. “Is dit nie ‘n bietjie stalker-agtig nie?” het een Facebook-gebruiker gevra. Pieter se reaksie hierop daag potensiële ridders uit: “Jozanne is tevrede. Sy sê dis die spesiaalste ding wat ‘n vreemdeling nog vir haar gedoen het. Ek stel voor dat ander dit ook probeer. Dis in elk geval nie stalk nie. Dis jag, en jag is wettig.”

Back to top button