Editor's noteHard newsNews

Onwettige snoepwinkels steeds nie verwyder nie

Dit word sonder permitte bedryf en lok dan meer ongewensde karakters na die parkie toe.

Nadat Nelspruit Post vir drie maande oor dieselfde situasie in die parkie in Ehmkestraat berig het, blyk dit asof daar al baie verbeterings is. Daar word steeds twee snoepwinkels bedryf wat sigarette, skyfies en lekkers verkoop.

Dit word sonder permitte bedryf en lok dan meer ongewensde karakters na die parkie toe. Vroeër was daar ‘n skoenmaker en ‘n man wat hare gesny het. Hulle is deur die munisipaliteit verwyder, maar het weer ‘n paar keer teruggekeer. Ten spyte van die mense wat steeds hul middagete in die parkie geniet, is die situasie heelwat beter as verlede maand. Op die stadium het die rommelstrooi ook afgeneem.

Nelspruit Post het vir mnr. Joseph Ngala, woordvoerder van Mbombela, vir kommentaar oor die snoepwinkels geskakel, maar teen druktyd is daar geen kommentaar ontvang nie.

Check Also
Close
Back to top button