EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNewsReviews

Staan ‘n kans om te wen!

Lesers kan al hierdie boeke wen deur slegs hieronder aan ons te sê wat die beste boek is wat hul al gelees het en hoekom dit hul keuse is. Die boeke sal aan die eerste vyf lesers wat kommentaar lewer, gestuur word.

Satyn uitgewers het pas nog twee hygromans bekendgestel wat lesers verseker aan die bladsye gegom gaan hou. Hermien en die hartedief gaan oor Hermien se worsteling om ‘n ou liefde weer in haar lewe terug te neem of om eerder tevrede te wees met haar baie gawe, suksesvolle kêreld, Wynand. Maar laasgenoemde is effe saai terwyl Jamie ‘n tipiese haan onder die henne is. Hy gaan alles moet uithaal om te bewys dat hy ‘n verhouding kan maak werk. Die boek is deur Anita du Preez geskryf.

Anita du Preez

In Omdat die hart onthou raak die jong Krizelda tydens ‘n studentevakansie op Margate swanger met Alwyn se kind. Sy moet haar studies voltooi en Alwyn verdwyn spoorloos. Sy maak haar eie kind groot, maar ontwikkel ‘n groot wrok teenoor mans en veral Alwyn. Sewe jaar later verskyn hy weer op die toneel en dié keer as haar baas. Hy het ‘n nuwe meisie, maar sal hul harte onthou wat eens was en dalk die pad terugvind soontoe? Die boek is deur Ettie Bierman geskryf.

Ettie Bierman

Sondag op ‘n voëlplaas speel af op ‘n volstruisplaas in die Kangovallei. Sy hoofkarakter wil wegkom van die kleindorpse beheptheid en boersheid van sy omgewing. Hy moet vlug van daardie voëls! Hy doen dit ook maar dan eendag, skielik besef hy dat hy moet terug. Terug na daardie plasie en terug na die plaasmeisie wat hom lank gelede aan diehand geneem het en ‘n donker spelonk binnegeneem het. Die boek is deur Human&Rossouw uitgegee. Die boek is deur Johan Nell geskryf.

Johan Nell

Debora Steinmar is ‘n bekende outeur met ‘n paar toekennings op haar kerfstok. Haar nuutste boek, Wenkbrou speel af in ‘n Amish-agtige sektewêreld in die Oos-Vrystaat. Jesse en Aga haas hul soontoe om ondersoek in te stel na die dood van ‘n kleinseun van moeder Motie, hoof van die susters. Die twee vroue bevind hul in ‘n vreemde wêreld waar hul kennis maak met ‘n groep nonne en die patriargale volgelinge wat leef volgens die geskrifte van die menselike herder. Dit is Debora se tweede komiese raaiselroman.

Deborah Steinmair

Nico Nel is ‘n storieverteller van formaat en welbekend uit sy dae as medeaanbieder van Maak ‘n las op televisie. In die boek, ‘n vienna het twee punte, vertel Nico Nel en sy vriend Uys van der Hoven komiese staaltjies wat hul paaie gekruis het. Het jy al gehoor van ‘n jong getroude egpaartjie wat hul nuwe huisie sonder klere teen boewe moet beskerm of van die plattelandse dokter wat ‘n mes uit die brein van ‘n moordenaar moet haal? Jy kan alles hieroor en vele meer in die boek lees.

Nico Nell

Lesers kan al hierdie boeke wen deur slegs hieronder aan ons te sê wat die beste boek is wat hul al gelees het en hoekom dit hul keuse is. Die boeke sal aan die eerste vyf lesers wat kommentaar lewer, gestuur word.

Back to top button