Local newsNews

Nuwe pastoor sluit aan by PPK in Mbombela

'n oud-Laevelder se lewenspad het hom na meer as 28 jaar teruggebring na sy tuiste.

Past. Hennie Wilken neem oor by die PPK Kerk in Le Rouxstraat, nadat past. Lourie Brits in Desember oorlede is.

Hennie en sy vrou, Teresa, is weg uit Mbombela in 1992 en het in verskeie plekke deur die jare gewoon.

Hulle het die afgelope 15 jaar in Pretoria-Noord spandeer, en het intussen vlugtig Mbombela ook weer kom bewoon vir ‘n paar jaar voor hulle na die volgende dorp moes aanbeweeg.

“Dit is vreeslik lekker om terug te wees,” het Hennie vertel. “Dit voel asof ek op ‘n lang vakansie was en nou uiteindelik weer by die huis is. Die Laeveld is ‘n besonderse plek – ‘n mens besef dit éérs as jy in ander dele van die land gewoon het.”

Hennie nooi voormalige en voornemende lidmate van die PPK Kerk om “saam met ons gewone kerk te hou, sonder fieterjasies en kerkpolitiek”.

Vir enige verdere inligting is die publiek welkom om hom self te kontak by 083-455-1580.

LEES OOK: Perde hardloop vrylik in die ring rond op Aryana-stoetplaas vir oues se genot

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button