BlogsOpinion

Wat maak mens wanneer Januarie te lank raak?

Hoe draai jy jou sente om in wat voel soos Januarie se 52 weke?

Meeste van ons sukkel om deur Januarie te kom, want die feestydperk was te lekker. Wat maak jy wanneer dit begin voel asof dit al die 40ste Januarie is en jy het net R1,50 oor in jou bankrekening?

Ek is vars uit universiteit en weet hoe om te oorleef met byna niks geld in jou beursie of bankrekening.

‘n Mens raak eintlik baie kreatief wanneer jy niks het in die yskas en niks geld vir aktiwiteite nie.

Wat eet jy?

  • Januarie is ‘n goeie maand om als te eet wat in die yskas en koskas misgekyk word.
  • Ek het al baie kreatief geraak met wat ek in my huis en yskas gehad het. Jy sal verbaas wees oor wat alles saam kan werk.
  • Reël ‘n ete waar almal iets bring om te eet (almal bring altyd te veel).
  • Gaan na jou verskeie supermarkte toe en kyk watter kos afgemerk is (en nie verval het nie).

LEES OOK: Ons is vrou

Wat doen jy?

  • Gaan drink jy saam met jou vriendinne koffie by ‘n restaurant? Stel voor om by iemand se huis koffie te drink.
  • Raak flieks te duur? Stroom sommer ‘n fliek by daardie vriend wat altyd spog oor die nuutste flieks op Netflix.
  • Stap ‘n bult uit of sluit by die parkrun aan om by jou nuwejaarsvoorneme te hou.
  • Is jou data min en is jy verveeld? Stof daardie bordspeletjies af en spandeer tyd saam met jou familie, eerder as op jou selfoon.
  • Maak jou huis skoon.

Nou hoe spaar jy?

  • Sit elke maand ‘n bietjie geld weg vir ‘n ekstra salaris in Januarie.
  • Kry ‘n 5 l-bottel en gooi elke dag ‘n R5 daarin of enige ander denominasie. 365 x 5 = R1 825.
  • Werk ‘n begroting uit vir elke maand. Hou net daarby.

Begroting tips met die hulp van Better money habits

  • Hou jou uitgawes dop. Laai ‘n toepassing af om jou te help.
  • As jy weet wat jy spandeer, kan jy ‘n begroting begin opstel.
  • Maak ‘n spaarkategorie waar jy mik om 10 tot 15 % van jou salaris te spaar.
  • Sny jou uitgawes waar jy kan.
  • Stel besparingsdoelwitte, kort- en langtermyn.
  • Onthou om jou spaardoelwitte te prioritiseer.

LEES OOK: Aggenee, Augustus!

Het jy al kreatief geraak met kos en aktiwiteite toe jy platsak was?

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button