Local newsNews

Foeta Krige vertel binnekort vir Laevelders oor sy loopbaan by die SABC

Op 29 Augustus kom gesels Krige by die maandelikse Pen in my Hand-gesprek oor sy boek. Die geleentheid vind weer by Orange Restaurant plaas en kos R60 per persoon.

MBOMBELA – Op 23 Junie 2016 het Foeta Krige by sy huis aangekom nadat hy deur sy werkgewer, die SABC, geskors is. Uit frustrasie oor die absurditeit van hierdie skorsing, het hy ‘n rol swart kleeflint gevat, sy mond daarmee toegeplak en sy Facebook-profielfoto met hierdie foto, waarop sy oë ook toe is en sy ore toegedruk word, vervang.

‘n Gebaar wat dit duidelik uitspel: hoor of sien nie die bose nie en sê ook niks. Min het hy geweet dat hierdie gebaar ‘n tsoenami sou veroorsaak.

LEES OOK: KYK: Pen in my Hand vier dr Tian Schutte se nuwe boek

Krige, ‘n veteraanjoernalis, het in Mei vanjaar amptelik afgetree en kort daarna is sy boek, The SABC 8, gepubliseer. Hierin onthul hy alles wat aanleiding gegee het tot die skorsing van agt SABC-joernaliste in 2016. Foeta was in daardie tyd die uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum, RSG se nuus-aktualiteitsprogramme.

LEES OOK: ‘n Engel kom gesels, sing by Pen in my Hand

The SABC 8 verduidelik presies hoe Venter en Krige langs mekaar geveg het vir persvryheid. Dit lig ook die sluier op die manier waarop Hlaudi Motsoeneng, die SABC se bedryfshoof van daardie tyd, en ander die nasionale uitsaaier gekaap het sodat die ANC-regering se beuel hard en duidelik geblaas kon word.

  • Maak seker dat jy jou plek bespreek by die restaurant by 083-628-7759. Spasie is beperk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button