Local newsNews

Boekverhaal omskep in ‘n uitmuntende radioproduksie

Die oorlogsverhaal van Katja Kowalec gaan binnekort in 'n radiodrama omskep word en oor 50 episodes uitgesaai word.

MBOMBELA – Katja Kowalec se storie, Those Miraculous Sunflower Seeds, gaan in die radiodrama Sade van Genade, omskep word.

Die radiodrama wat by die Unigrad College opgeneem gaan word, sal ‘n verkorte gedramatiseerde weergawe van die boek wees.  Haar boek is ‘n samestelling van haar memoirs, as ‘n tiener gevangene en later ‘n sogenaamde oorlogsbruid gedurende die oorlog, toe Pole deur Nazi-Duitsland binne geval was 80 jaar gelede.

ALSO READ:Update: Body identified as man from Machadodorp

Sy is gebore in Pole en was slegs 15 jaar oud tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die titel van haar boek word geïnspireer deur ‘n insident gedurende die oorlog, waar sy deur deur die Russe gevangene geneem was. Die Russiese soldaat wat haar vergesel het, het sonneblomsade aan haar oorhandig en haar aangemoedig om the ontsnap. Sy het later ‘n Suid-Afrikaanse soldaat in Pole ontmoet en het uiteindelik haar in Mbombela kom vestig.

Radio Laeveld se Roelf van Jaarsveld het die radioproduksie van haar biografie met sy enigmatiese karakters noukeurig beplan en verduidelik dat verskeie metodes gebruik gaan word om die duistere atmosfeer in die produksie te skep. “Ek het baie klankeffekte aanlyn opgeneem, soldaatvoetstappe, trokke wat ry, geboue wat inmekaar tuimel sowel as die musiek van die 1939-era, gaan gebruik word.”

ALSO READ:Has it really “never been this cold in the Lowveld?”

Kristen Raath, beter bekend as Amorey Welman in die bekende sepie, 7de Laan, gaan die hoofkarakter Kowalec vertolk.“As gevolg van Katja se lewensomstandighede moes sy vinnig volwasse raak van jongs af,” sê Raath. Sy beweer dat alhoewel haar karakter in 7de Laan sterk en positief is, soos die van Kowalec, het dit ‘n tydperk gevat voordat dit tot daardie vlak in die welbekende sepie ontwikkel.

Die radiodrama gaan geskiet word oor 50 episodes en dan gaan Van Jaarsveld die luisteraars se kommentaar vra oor of hulle meer van die karakter wil hoor. “Dit moet dus voortreflik wees sodat die raadslede van Radio Laeveld oortuig kan word vir die nodige fondse, om die tweede reeks tot en met episode 120 te kan opneem,” sê Van Jaarsveld. “Ek spandeer al my tyd op die storie, aangesien ek weet dit kan werk.” Die eerste poging tot die dramareeks gaan eindig waar die verwagtende Kowalec na Suid-Afrika vertrek.

Kristen Raath en Melissa Marais,’n aanhanger.

Dit blyk dat die bestuur van Radio Laeveld beplan om die eerste episodes gedurende September uit te saai. Kowalec, wie se moeilike lewensmissie verkondig moet word, het ‘n spesifieke boodskap aan jongmense in haar boek, “Streef na vrede en liefde vir mekaar in hierdie wêreld.”

 

 

Back to top button