Local newsNews

FOTO’S : Blits-Bos-Braai – die aftelling na Innibos 2019 begin

Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van Innibos sê: "Ons is gereed om vanjaar die warmste fees wat die Laeveld nog ooit gesien het, aan te bied."

MBOMBELA – Die Blits-Bos-Braai was definitief ‘n hoogtepunt die afgelope naweek. Laevelders het nie teleurgestel nie en het nie die kans om op Hoërskool Bergvlam se sportveld saam te kuier, laat verbyglip nie.

Die vermaak was eg aan die Laeveld en Ricus Nel, Refentse en Pieter Smith het hul verskyning op die verhoog gemaak terwyl die gehoor lekker saamgesing het.

LEES OOK: LUISTER: Is hierdie twee Secret Sound antwoorde dieselfde?

Vrydagaand se ondersteuning van die jaarlikse byeenkoms is heel waarskynlik ‘n goeie aanduiding dat Laevelders groot liefhebbers van goeie musiek en ‘n kuier langs die kole is.

As jy daar was, kyk deur ons fotogallery en sien of Laevelder jou afgeneem het. Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van Innibos sê: “Ons is gereed om vanjaar die warmste fees wat die Laeveld nog ooit gesien het, aan te bied.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button