Local newsNews

LUISTER: Is hierdie twee Secret Sound antwoorde dieselfde?

Tanya Vos glo dat sy op 31 Oktober 2018 die korrekte antwoord gegee het, ses weke voor iemand anders met die R100 000-prysgeld beloon is.

MBOMBELA – Hoe Jacaranda FM se Secret Sound-wenner gekies word, is vir plaaslike inwoner Tanya Vos verdag en werklik onregverdig.

Sy glo dat sy op 31 Oktober 2018 die korrekte antwoord vir radioaanbieder Martin Bester gegee het. Ene Kevin is egter op 12 Desember met die R100 000-prysgeld beloon – vir wat darem baie na dieselfde antwoord geklink het.

“Die flap van die tuit waar die fluitgeluid uitkom as die ketel kook. As jy die knoppie druk maak hy oop en as jy hom weer druk flap hy toe en dis die geluid wat hy maak as hy toe flap,” sê sy.

SIEN OOK: Power outages not load-shedding

Het sy dieselfde antwoord as die uiteindelike wenner gegee?

Luister en besluit self.

Programbestuurder, Hennie Myburgh, het aan Laevelder verduidelik dat die prysgeld geborg word, en nie gegenereer word uit die SMS-inskrywings nie.

“Die antwoord op die dag het spesifiek verwys na die afdruk van ‘n knoppie, en dit was verkeerd. Die finale besluit berus by die aanbieder en vervaardiger van die program.

“Dat die antwoord nie op die webtuiste verskyn het nie, was weens menslike fout. Daar mag ander gevalle gewees het waar van die antwoorde nie korrek op die webtuiste aangebring is nie,” het hy gesê.

LEES OOK: Dullstroom is anything but dull!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button