AFP SportInternationalLocal sportSport

Hokkiespelers gee hul alles in 43 wedstryde

Die hoogtepunt was NHS se o/14-seuns sowel as die dogters wat in die finaal van die toernooi opgeëindig het. Maar op die ou einde was die Potchefstroom Gimnasium se seuns en Hoërskool Pietersburg se dogters as wenners gekroon.

Hoërskool Nelspruit was die afgelope naweek die gasheer van ‘n o/14- hokkietoernooi, met skole tot so ver as Bethlehem in die Oos-Vrystaat wat hulle staal hier kom wys het.

Altesaam 17 skole het hulself op NHS se hokkievelde tuisgemaak, waarvan Afrikaans Hoër Seunskool, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Witteberg, Hoërskool Kemptonpark en Hoërskool Menlopark deel was. Plaaslike skole soos Hoërskool Rob Ferreira, HTS Middelburg en Penryn College het ook deelgeneem. Dit was ‘n harde drie dae van hokkie met altesaam 43 wedstryde wat gespeel is.

 

Lorraine van Wyk.

Read More: Mini-hockey, a pure learning curve

Die hoogtepunt was NHS se o/14-seuns sowel as die dogters wat in die finaal van die toernooi opgeëindig het. Maar op die ou einde was die Potchefstroom Gimnasium se seuns en Hoërskool Pietersburg se dogters as wenners gekroon.

Verder was daar ook individuele spelers wat erkenning gekry het vir beste aanvallende speler (seun en dogter), beste middelveldspeler (seun en dogter), beste Stefan de Viliers Hokkiespelers gee hul alles in 43 wedstryde Leoné Dorey. André van Schalkwyk. Foto’s: Handré Homann Sensei Henry van Niekerk. verdediger (seun en dogter) asook seun en dogter wat die meeste doele aangeteken het.

André van Schalkwyk. Foto’s: Handré Homann

Die wenners was soos volg:

• Aanvallende speler – Jan-Adriaan van Wyk (Gimmies) en Bernize Cilliers (Witteberg)

• Middelveldspeler – Marco Werkman (Gimmies) en Anmari Grobler (PHS)

• Verdediger – Hardus Ferreira (PHS) en Emma Veldman (PHS)

• Meeste doele – Jan-Adriaan van Wyk (Gimmies) en Kaylee Ferreira (NHS).

Back to top button