BlogsOpinion

Daar is nie ‘n grys area as dit by rassisme kom nie

Jy is óf reg óf verkeerd.

As ‘n joernalis is rassisme ‘n gonswoord wat ons gereeld hoor.

Ons hoor dit wanneer ons as rassiste uitgekryt word as ons stories ondersoek of plaas; selfs wanneer ons ‘n vanielje melkskommel by McDonald’s bestel in plaas van ‘n sjokolade een hoor ons dit.

Ons hoor ook gereeld dat ander mense rassiste is. Wanneer ‘n politieke party ‘n bepaalde besluit maak, wanneer ‘n persoon sterf of wanneer geld verdoesel word, word ons vertel “hulle diskrimineer nou weer teen ons ras”.

En dan natuurlik hoor ons gereeld: “Ek is nou nie ‘n rassis nie maar…” As iemand met daardie woorde begin kan jy maar weet waarheen die gesprek gaan. Dit is so goed soos een van Donald Trump se tweets – leuns.

LEES OOK: Die kuns van omgee

En moenie vir my sê “hulle is in ‘n ander tyd gebore” nie. Nee, net nou die dag vertel ‘n 82-jarige wit tannie my hoe trots sy op haar aangenome swart kleinseun is.

Dit gaan nie oor die era waarin jy gebore is nie, dit gaan oor jou menswees.

En dit is wat ons bitter vinnig moet begin besef – mense is mense. Jy kry goeie mense en jy kry slegte mense. Maar goed of sleg hang nie af van jou velkleur af nie.

Dit is ‘n feit, daar is nie ‘n grys area nie.

LEES OOK: “Let’s heal this country” – Farm attack victim’s words inspire

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button