Local sportSport

Laeveld gereed vir interlaer

Organiseerder JP Hugo van die gasheerskool Laerskool Laeveld sê dat 16 Februarie 'n groot rooi kring op die sportkalender behoort te hê.

Die tafel is gedek en alles is in plek vir vanjaar se Hi-Tech Interlaerbyeenkoms by Hoërskool Bergvlam.

Organiseerder JP Hugo van die gasheerskool Laerskool Laeveld sê dat 16 Februarie ‘n groot rooi kring op die sportkalender behoort te hê. Elke jaar kry die gasheerskool die geleentheid om te wys wat in hom steek en Laeveld gaan nie terughou nie. “Dit is vir ons ‘n groot eer om gasheer vir al die laerskole van die Laeveld te wees.”

Atlete van die deelemende laerskole, Laeveld, Bergland, Primary, Nelspruit, Witrivier, Barberton en Lydenburg, is al van vroeg vanjaar en self velrede jaar af besig om vir die spoggeleentheid voor te berei en Hugo is dit eens dat dié dag een vir die boeke gaan wees. Daar word ongeveer 800 atlete en 1 500 toeskouers verwag.

Toegang vir toeskouers beloop R20 per volwassene en R10 vir skoliere. Kinders onder 5 jaar geniet gratis toegang.

Kaartjies is by deelnemende skole beskikbaar en geen persoon sal sonder ‘n armbandjie op die terrein toegelaat word nie.

Verrigtinge skop reeds dou voor dag af, en Hugo meen dat 06:30 ‘n goeie tyd sal wees om plekke in te neem waar ‘n groot verrassing wag.

Verversings sal gedurende die dag verkoop word. Kaartjies vir verversings sal by die aankondigerstasie langs die netbalbane verkoop word.

Ons wil graag ons hoofborg van die dag, Hi-Tech bedank wat die hande diep in die sakke moes steek om die dag aan te bied,” het Hugo gesê.

Back to top button