FeaturesInterhigh 2016: NewsLifestyleSchool sportSport

Jacques en Douw samel meer as 1 000 punte in

Hoërskool Nelspruit se prinses van skyfwerp, Shana Scott het na afloop van die Mediclinic Nelspruit Interhoër-atletiekbyeenkoms die trofeë vir die topdiskus- en spiesgooi-atleet van die dag ontvang.

Sy het haar eerste van twee goue medaljes in die spiesgooi vir dogters o/14 opgeraap met ‘n afstand van 28,87m.

Shana het die 1kg-skyfwerp 29,78m in die lug laat trek – meer as vier meter verder as Chiné Maritz van Hoërskool Bergvlam wat tweede geëindig het.

Onder die seuns was dit Jacques Marais wat in skyfwerp (o/15) die beste ABSA-punt deur ‘n Nelspruit-atleet, verwerf het. Sy afstand van 52,80m is ‘n volle 1 085 punte werd, 40 meer as wat Douw Kruger ook vir seuns o/15 in gewigstoot (16,97m) behaal het.

Lees ook: Jacques, Ashaan is nou die twee om dop te hou

NHS se Christine Kruger het die beste van die dogters presteer nadat sy die 3kg-ysterbal op 12,17m laat grondvat het – 886 punte op die tabel.

Nicola Cronje kon nie vir ‘n beter slothoofstuk van haar sprokiesverhaal gevra het nie.

Die o/16-dogter het vier goue medaljes in onderskeidelik die 100-, 200-, 400- en 800m ingeoes en is ook vir haar tyd in laasgenoemde item van 02:22,58 as die beste langafstand-dogteratleet aangewys.

Alhoewel die skyfwerpatleet, Naas Marais nie naby aan sy persoonlike beste afstand van (61,58m) gekom het nie, het die kaptein ‘n groot aandeel tot die seuns se wentotaal van 586 punte, gehad.

Sien ook: Nelspruit Hoërskool in aksie – Interhoër 2017

Daar moet in ag geneem word, dat Naas verlede jaar met ‘n 1,5kg gegooi het en vanjaar met ‘n swaarder skyf van 1,75 sy staal moes wys.

Vanjaar se toplangafstand-seunsatleet, Tertius Mentz het uithalervertonings, veral in die 800m met ‘n tyd van 01:59,56 gewys.

Die o/17-seun het ‘n tweede plek in die 1 500m verower met ‘n tyd van 04:18,33.

Nou verteenwoordig Hoërskool Nelspruit die Laeveld by die jaarlikse groot Pukke Super-interhoër, waar slegs een atleet per skool aan ‘n item mag deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button