FeaturesInterhigh 2016: NewsLifestyleSchool sportSport

Jacques, Ashaan is nou die twee om dop te hou

Hoërskool Nelspruit se Jacques Marais (o/15) en Rob Ferreira se Ashaan Sebastian Greaver (o/14), is twee atlete wat ondersteuners op die punte van hul stoele gaan hê.

Soos sake nou ontwikkel, kan ‘n hele paar tye en afstande van verlede jaar se Mediclinic Nelspruit Interhoër-atletiekbyeenkoms verbeter word.

Jacques was oudergewoonte die beste onder NHS se seunsatlete by Vrydag se Waterkloof-Tuksbyeenkoms. Hy het die werpskyf op 50,48m laat grondvat wat 1 014 punte werd was.

Tydens Dinsdag se Nelspruit Kring-byeenkoms het hy op sy afstand verbeter en ‘n eerste plek met ‘n afstand van 50,68m behaal – ‘n hele 1 019 werd.

Ashaan het ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 6,15m in die verspringput by Vrydag se LJ Prokureursbyeenkoms agter sy naam geskryf.

Dié 14-jarige word ook as die topatleet in die Laeveld beskou met ‘n massiewe totaal van 1 140 ABSA-punte vir sy rekordsprong.

Sewe skole is vanjaar die “planete” wat deel van die Laeveld se “Galaxy” gaan vorm.

Die deelnemende hoërskole, Barberton, Bergvlam, Lowveld High, Nelspruit, Penryn College en Rob Ferreira het elk twee atlete geïdentifiseer om by vanjaar se atletiekskouspel dop te hou.

Gasheerskool, Barberton, het verlede jaar die 68ste Mediclinic Nelspruit Laeveld Interhoër Atletiek-planne bekendgemaak.

Sowat 3 000 leerlinge, 1 065 atlete en 1 802 toeskouers gaan Saterdag deel van dié skitterdag vorm.

 

Moontlike rekords

Ek voorspel vier nuwe interhoërrekords.

Die deelnemende skole het elk twee steratlete om op die dag dop te hou, geïdentifseer.

Suzaan Nel (Nelspruit), Ashaan Sebastian Greaver (Rob Ferreira) en Norbert Ponisammy (Lowveld High) kan moontlik die drie wees wat die rekordboeke gaan herskryf.

Suzaan Nel.

Die 100m vir dogters o/15 is een van die oudste interhoër-rekords wat bestaan.

‘n R. Swart van Lydenburg het in 1979 met ‘n tyd van 12,30sek dié item klaargemaak. Suzaan se persoonlike beste
tyd, is 12,10sek.

Ashaan kan J. Malan van NHS se 2009-rekord in die verspringput van 5,8m verbeter. Ashaan se afstand in die put is 6,15m.

Spoedvraat, Norbert kan sy tyd van 2016 in die 100- en 200m verbeter. Sy tyd was 10,54sek (100m) en 21,75 (200m).

Norbert Ponisammy.

Sy persoonlike bestes in die items, is onderskeidelik 10,28 en 21,46sek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button