School sportSport

Goue atlete, Anje en Ashley hou Nellies se vaandel hoog

Die afgelope naweek het verskeie Laeveldse skole, asook JJ Van Der Merwe van Ermelo gesorg vir 'n ware atletiek-skouspel tydens die vriendskaplike Vodacom-byeenkoms by Laerskool Nelspruit.

Die deelnemende skole gebruik dié dag om voor te berei vir die interlaer wat oor minder as ‘n maand in Lydenburg aangebied word.

Atlete van die gasheerskool het daarin geslaag om vanjaar 10 nuwe rekords op te stel en een te ewenaar. Shanese de Clerck het ‘n 23 jaar oue verspringrekord vir o/12-dogters met 15cm verbeter toe sy ‘n afstand van 4,70m behaal het. Sy het ook verlede jaar se hoogspringrekord en die 150m-naellooprekord in haar ouderdomsgroep verbeter. Sy het tydens Nellies se interhuis wat vroeër vanjaar plaasgevind het, ook twee rekords (hoogspring en 150m-naelloop), wat onderskeidelik 16 en 17 jaar reeds staan, verpletter.

IMG_5280 (Medium)

Die onblusbare Anje Nel het nuwe hoogtes bereik toe sy die o/13-hoogspringrekord met 6cm verbeter het. Sy is ook aangewys as dié dag se beste baanatleet, asook die senior victrix ludorum. Tydens Nellies se interhuis, het Anje vyf nuwe rekords in onderskeidelik 200m-naelloop, 75-, 100- en 150m-hekkies asook hoogspring opgestel.

Mede-Nellie Warren van Eyssen het 2006 se o/10-hoogspringrekord ge-ewenaar, terwyl Larise Combrink 2014 se o/13-verspringrekord, asook die 200m-naellooprekord verpletter het. Ashley Erasmus, ook van die gasheerskool, het die o/12-gewigstootrekord van 2003 met meer as ‘n meter verbeter en so ook Vaughn van Zyl (o/10).

IMG_5307 (Medium)

 

Eersgenoemde het die trofee vir beste prestasie vir die dag gewen en Vaughn is as die beste seunsveldatleet aangewys. Die skool se aflosspan het ook ‘n nuwe rekord opgestel toe dié atlete in ‘n tyd van 44:97 oor die wenstreep is.

Besoekers Nelspruit Primary se Lesedi Mashego het ‘n o/10-hoogspringrekord wat in 2015 opgestel is, naelskraap met ‘n sentimeter verbeter.

Lees ook: Shanese, Anje goed op dreef vir atletiekseisoen

Primary kon ook daarin slaag om die seuns o/10-aflosrekord met nét onder ‘n minuut te verbeter.

Dié skool se Ntando Ngobe (o/9) is as die beste seunsbaanatleet aangewys.

Hy het ook met die junior victor ludorum- titel weggestap.

Die junior victrix ludorum is Zoë Cilliers van Nellies.

Laastens het Laerskool Laeveld se Ruan Pretorius, die o/12-hoogspringrekord wat in 2015 deur PJ Coetzee opgestel is, met 1cm verbeter.

 

Back to top button