FeaturesInterhigh 2016: NewsLifestyleSchool sportSport

Rob se Ashaan is die topatleet op NHS

Hoërskool Rob Ferreira se Ashaan Sebastian Greaver, was die topatleet van die dag, deur 1 124 punte op die Absa-tabel in sy sak te steek.

Jacques Marais, skyfwerpatleet van Hoërskool Nelspruit, behoort homself vanjaar nog meer deeglik op die atletiekveld te laat geld.

Dié o/15-seun se vertoning die afgelope Saterdag in die Vodacom-atletiekbyeenkoms, was die voorste vertoning deur ‘n NHS-atleet. Sy gooi van 50,10m was 0,7m verder as sy afstand by NHS se Buco-interhuis van 49,40m.

Jacques Marais.
Jacques Marais.Foto: HH Photography and Design | Africa Photographic Services

Hoërskool Rob Ferreira se Ashaan Sebastian Greaver, was die topatleet van die dag, deur 1 124 punte op die Absa-tabel in sy sak te steek. Hy het vir seuns o/14, met ‘n rekordafstand van 6,07m in die verspringput gespog. Sy persoonlike beste afstand in die item, is 6,10m wat hy vroeër vandeesmaand by die Sasol Ope-kampioenskappe opgestel het.

Lees ook: Star sets track and field alight

Ashaan kan droom om in Usain Bolt se voetspore te volg nadat hy nie net met die trofee vir beste prestasie van die dag op die baan weggestap het nie, maar ook ‘n trofee vir beste prestasie in die 100m-hekkies ontvang het.

NHS se atlete het 112 medaljes op die dag ingepalm waarvan 28 goud, 40 silwer en 44 brons was. Afrikaans Hoër Meisies was tweede met 97 (44 goud, 30 silwer en 23 brons), Afrikaans Hoër Seuns derde (27 goud, 25 silwer en 28 brons) gevolg deur Robbies met 40 (17 goud, 11 silwer en 12 brons). Hoërskole Ben Vorster en Lydenburg was onderskeidelik vyfde en sesde.

NHS se Tertius Mentz (o/17) het die langafstandtrofee vir sy tyd van 04:12,94 (808 punte) in die 1 500m opgeraap.

Hy het ‘n verdere 902 punte in die 800m bymekaargemaak.

‘n Atleet van wie daar nog baie gehoor gaan word, Shana Scott (NHS), wat by haar skool se interhuisbyeenkoms twee rekords opgestel het, het die beste van die dogters van die plaaslike skole presteer. Sy het die spies in die dogters 0/14 op ‘n afstand van 31,03m in die grond geplant, wat 841 punte werd is.

Shana Scott. HH Photography and Design | Africa Photographic Services
Shana Scott. HH Photography and Design | Africa Photographic Services

Suzaan Nel (o/15) was kort op haar spanmaat se hakke, met goue medaljes in die verspring, 100m en 200m. Haar afstand in die verspring, was 4,91m. Haar 13,03sek in die 100m het haar 808 punte in die sak gebring en haar tyd van 27,08 in die 200m is 786 punte werd.

Lees ook: Shana, Naas stel elk twee rekords op

Rob se Nkosana Mpinga (o/16, 200m en 100m), Junior Monlane (o/14, verspring), Markus Klopper (o/15, hoogspring), Amos Khoza (o/16, 200m en 800m), Thabiso Matheba (o/14, hoogspring en 100m-hekkies), Thapelo Nkuna (o/15, hoogspring en verspring), Christopher Thompson (o/19, 100m), Nqobile Mathoba (o/14, verspring), James Nakay (o/14, hoogspring) en Sumari Bekker (o/17, gewigstoot) het elk meer as 800 punte op die Absa-tabel gekry. Thulani Lekhuleni (Rob) spog met ‘n nuwe persoonlike beste tyd in die 3 000m – dit is ook ‘n byeenkomsrekord.

Die rekord van 9:14,5 is deur Thulani verbeter en ‘n nuwe tyd van 8:55,70 is in die boeke aangeteken.

Die wedloop van die dag was egter tussen NHS se De Villiers Basson en Thulani.

Die atleet van Robbies was eerste oor die wenstreep met ‘n tyd van 1:57,6 en De Villiers was tweede met 1:57,7.

Hoërskool Barberton speel vanjaar gasheer vir die Mediclinic Nelspruit Interhoër wat Saterdag 18 Februarie plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button