EntertainmentLifestyleLocal newsNewsReviews

Die Bekfluitjies bekoor plaaslike gehoor

Alhoewel dié nuwe fliek in baie opsigte voorspelbaar is, het die plaaslike gehoor tog die vertoning geniet.

NELSPRUIT – Van die grootste name in die Afrikaanse musiek industrie span saam in die nuutste André Odendaal produksie “As jy sing”. Verlede week het Andy Lubbe en die Innibos-span dié film se premier vertoning aan die plaaslike verhoor bekendgestel. Verversings is deur Coca-Cola aangebied aan almal wat die aand by Riverside Nu-Metro bygewoon het.

Die rolprent self is ‘n redelike cliché met Bobby van Jaarsveld wat die rol van ‘n konvensionele musiek onderwyser in ‘n sport-mal skool aanpak. Dis “Highschool Musical” in Afrikaans. Robbie Wessels se humor as die rugby-gek skoolhoof red in baie opsigte die andersins voorspelbare storielyn wat basies soos enige ander musiekblyspel lei. Daar is die “nerdy” musiekonderwyser (Van Jaarsveld), die populêre skool fisioterapeet (Leah) wat onder bevel van die hoof (Wessels) maak of sy op hom verlief raak om sodoende te verhoed dat hy aandag gee aan sy musiekgroepie, en die verwerpte nie-atlete van die skool wat deur musiek hul plekkie in die lewe vind.

Die karakters is baie oppervlakkig en beeld elkeen ‘n tipiese stereotipe uit. Daar is die “daddy’s girl”, die “rockstar”, die “goth” en dan ook die “trustfund baby” wat elkeen bymekaar gegooi word in ‘n musiekgroep genaamd “Die Bekfluitjies”.

Poster_1091593706

Die coreografie is uitstekend en so ook die kamera en produksie werk – die toneelspeel vermoë van die jonger akteurs laat wel veel te wense, alhoewel hulle tot ‘n mate opmaak daarvoor met hulle stemme.

Ongeag van die toneelspel, die musiek en die dansroetines, was die eindproduk goed bymekaar gesit en het die gehoor by Cine 5 die vertoning duidelik geniet – alhoewel daar bespiegel kan word dat die meerderheid daar was vir Bobby se swembad toneel.

Die rolprent het verlede week by teaters regoor die land oopgemaak.

Back to top button