FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal sportSport

‘n Potjie gholf ‘n móét by Innibos

Dit was omtrent 'n gerek en gestrek voor die afslaan van die jaarlikse Innibos-gholfdag wat Vrydag op Nelspruit Gholfbaan plaasgevind het. 'n Veld van 192 spelers het dou voor dag die feesterrein vir 'n potjie gholf verruil.

Die twee Mongadi’s, Patrick en Oscar, het die middagveld met 48 punte gewen. Nie net het Oscar met die eerste prys weggestap nie, maar hy het ook die bal die naaste aan die pen op die vyfde putjie geslaan.

Don Pearce en sy spanmaat, Jason Day was derde met 45 punte, net een hou kort van die manne in die tweede plek, Mark Lloyd en Andrew Hamilton.

Pearce het óók twee pryse teruggevat huis toe nadat hy die balletjie op die derde putjie die naaste aan die pen geplaas het.

Die oggendveld is deur spelers van Centurion, Karin Steyn en Trevor Victor gewen. Steyn het op die negende, wat 314 meter lank is, haar bal die langste gedryf.

Stevan Molnar en Ian Mitchell het in die tweede plek geëindig met 45 punte en Fanus Wilken en Tjaart Knatse was derde met 45.

“Dit was ‘n dag van pret en plesier. Dit was vanjaar die vyfde keer wat Pam Golding die gholfdag aangebied het. Ons wil graag al die betrokkenis vir hulle deelname bedank,” het die kantoorbestuurder van Pam Golding Nelspruit, Martie Ferreira gesê.

Klein Nathan Duncan het die putt-putt-kompetisie gewen terwyl Seymore du Toit & Basson as die beste geborgde putjie aangewys is.

Nuutgekroonde Sir Africa, wat van die Laeveld af is, Stefan Stins het die pryse oorhandig.
Die fondse wat op die dag ingesamel is, word aan minderbevoorregte leerders wat in die kunste wil studeer, geskenk.

‘n Trust is onlangs gestig om spesifiek gr. 7-leerders wat volgende jaar hoërskool toe gaan, met fondse te help.

Back to top button