FeaturesInnibos NuusLifestyle

Wees deel van die #Innibos2016 gesprek

Gaan bos met die #lekker #woorde.

Die wêreld is sosiale media-mal en ons hou daarvan!

‘n Hardeskyf het eenmaal gesê: “As dit nie op sosiale media gebeur het nie, het dit nie gebeur nie” en anders as in Las Vegas, word daar by vanjaar se Innibos geen geheime gehou nie en daar word ook baie groot gedroom: #droomgroot

Wat by Innibos gebeur, bly beslis nie Innibos nie.  Ons wil weet hoe lekker die fees vir jou is.

Wees deel van die #feesgesprek deur die volgende hutsmerke op sosiale media platforms soos Twitter, Facebook en Instagram te gebruik:

#Innibos is natuurlik waar jy jou nou bevind.  Dis die gewildste fees in die land, sê die wat weet.  As jy hier fees hou, noem ons jou ‘n #bosganger. Maar moenie vergeet nie, #Innibos2016 is wat NOU belangrik is.

As jy egter ‘n Laevelder is wat saam met die besoekers kuier, heet jy ‘n #bosbewoner.

#Bosmôl is die versameling stalletjies waar feesgangers lekkernye, klere en aandenkings kan koop.  Die artikels wat daar te koop kan word, strek van deftige juwele tot by suikersiet oliebolle.

#Boscrawl – Gesoute Innibossers kruip stadig deur die feesstalletjies en proe, ruik, hoor, sien en ervaar alles met oorgawe.  ‘n Regte boscrawl behels dat jy vroegoggend op die feesterrein opdaag en dit laataand verlaat.  Die #bosbliksems is die manne en vroue wat sorg dat geen bosganger homself teen laataand wangedra nie.

#Bosvoos is hoe jy voel na ‘n behoorloke #boscrawl.  Toemaar, feesganger. Drink ‘n energiedrankie en maak jou koffie sterker aan – hier vier ons vir vyf dae sonder ophou fees.

#Boskiekies is wat ons al die foto’s wat jy van jou #bospelle (die woord spreek vanself) neem, noem.

#Bosgangers – dis nou nog ‘n woord vir feesgangers hier ‘Innibos’ – kan ook #selfinni’s neem.  ‘n #Selfinni is ‘n selfie wat by Innibos geneem is.

Neem jou gunsteling oomblike af en merk ons in jou plasings: @innibosfees en @lowveldmedia sien jou binnekort aanlyn. En onthou die twee belangrikste hutsmerke van alle hutsmerke: #Innibos2016 en #droomgroot

Lees ook: Ken jy vir Online, die Innibos pop?

Lees ook: Wanneer jou kamera Innibos voete kry – en terugkeer huistoe!

Back to top button