EntertainmentLifestyleLocal newsMandela DayNewsNews

DA-lede herdenk leier deur bejaardes lekker te bederf

Fondse wat deur die DA ingesamel is, is aangewend om handdoeke en waslappe aan die siekeboeg te besorg.

MBOMBELA – Die Demokratiese Alliansie (DA) het sy passie vir die leiers van gister op Mandeladag gevier en die bejaardes van Herfsakker Ouetehuis behoorlik bederf.

Die raadslid van Wyk 15, Felicity Lange en die res van die span, was aan die voortou van die vreugdevolle vieringe se organisering, terwyl Natascha C vir onvergeetlike vermaak gesorg het en almal heerlik saam laat dans het.

Fondse wat deur die DA ingesamel is, is aangewend om handdoeke en waslappe aan die siekeboeg te besorg. Vir die res was daar ‘n heerlike Mandela-koek om aan te smul en daarna is selfs ‘n paar foto’s geneem wat later aan die Herfsakker-inwoners gegee sal word.

Die DA bedank graag Herfsakker vir hul vriendelikheid.

Back to top button