HealthLifestyle

Stink jou voete?

Ventilasie is die wapen teen die walm. Leer hier hoe om stink voete te voorkom.

MBOMBELA – Dit is winter en baie van ons dra toe skoene.  Vir party beteken dit ongelukkig stink voete – iets wat vermy moet word.

Daar is een mens vir wie stink voete ‘n groter probleem is as die eienaar daarvan en dit is die arme drommel wat dit moet ruik.  Maak seker dat jy niemand anders daardie leed aandoen nie.

Wat veroorsaak stink voete?

Die hoofoorsaak is sweet.  Alhoewel sweet opsigself reukloos is, skep dit ‘n voordelige atmosfeer vir bakterieë om te groei en ‘n stof te produseer wat aardig ruik. Wanneer jy toe skoene dra, gaan jy natuurlik meer sweet.

Hoe nou gemaak?

Die wapen teen die walm is ventilasie.

  • Dra eerder katoensokkies as poliëster of nylonsokkies.
  • Loop kaalvoet wanneer jy kan.
  • Skaf voetpoeier aan en gebruik dit gereeld om vog in jou skoene te absorbeer.

Back to top button