Local newsNewsNewsSchools

Matriekleerling wen die kroon

"Ek was maar nog altyd 'n 'pageant'-tipe meisie", lag sy en vertel dat sy nie regtig beplan het om in te skryf nie. "Jacques het eendag 'n draai by die skool kom maak en ons van die kompetisie vertel. Ek het toe maar 'n inskrywingsvorm geneem".

MBOMBELA – Jacques Lombard, ‘n bekende in die skoonheid- en modebedryf van die Timeless Group het die afgelope naweek saam met Lowveld Sound Promotions die eerste Mej I’langa Mall-skoonheids-kompetisie aangebied.

Volgens Lombard het die inskrywings ingestroom en

30 finaliste het Saterdag om die gesogte titel meegeding.

Dit was egter Tshepiso Mathole, ‘n gr. 12-leerling van Lowveld High wat uitgestaan het toe sy beoordelaars nie net haar uiterlike skoonheid nie, maar ook haar innerlike betower het.

“Ek was maar nog altyd ‘n ‘pageant’-tipe meisie”, lag sy en vertel dat sy nie regtig beplan het om in te skryf nie. “Jacques het eendag ‘n draai by die skool kom maak en ons van die kompetisie vertel. Ek het toe maar ‘n inskrywingsvorm geneem”.

Min het sy geweet dat sy sommer twee titels agter haar naam sou byvoeg. Tshepiso is aangewys as Mej I’langa Mall en ook Mej. Fotogenies.

Sy het vroeër die Miss Glamour Teen SA-titel verower en is as die eerste prinses gekroon tydens die Miss BFG Teenager SA. Sy is verlede jaar ook as Miss Lowveld High School aangewys.

Tshepiso meen dat alhoewel sy reeds bogenoemde titels verower het, sy glad nie hierdie een verwag het nie.

“Ek was eintlik geskok”, vertel sy en meen dat dit vir iemand wat eendag graag die Mej. Suid-Afrika kroon wil wen, gewis baie beteken.

Alhoewel sy graag volgende jaar sal wil aanhou om aan skoonheidskompetisies deel te neem, is haar grootste droom egter om ‘n stoel in die parlement te hê.

“Ek gaan volgende jaar regte aan die Universiteit van Pretoria studeer en sien baie uit na ‘n opwindende toekoms.”

Haar raad aan toekomstige skoonhede: “Wees gemaklik met jouself en onthou dat skoonheid nie gedefinieer kan word nie. God het alles mooi geskape en daarom is ons elkeen in hierdie wêreld pragtig.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button