EntertainmentLifestyleReviews

Gruwelrolprent nie vir sensitiewe oë

Reël liefs met buurman om na die kinders te kyk, want vir sensitiewe oë, is hierdie rolprent beslis nie bedoel nie.

As jy voel dit is weer hoogtyd vir ‘n goeie hoendervleis-gruwelrolprent, is Movies@Emnotweni nét die plek om jou Halloween deur te bring. Reël liefs met buurman om na die kinders te kyk, want vir sensitiewe oë, is hierdie rolprent beslis nie bedoel nie. Oculus – Timothy (Tim) Allen Russell, ‘n 21-jarige pasiënt wat uit ‘n  inrigting deur dr. Shawn Graham ontslaan is, het hy heeltemal van sy trauma as kind genees. Sy suster Kaylie verwelkom hom in die parkeerarea en vat hom huistoe. Sy sê toe bekommerd aan  hom dat hulle die antieke spieël wat sy pas by ‘n veiling gekoop het, moet vernietig. Huiwerig volg Tim haar terwyl flitse van sy verlede hom begin hinder.

Kaylie en Tim sien ‘n vrou saam met hul pa in sy kantoor, waarna ‘n familietwis uitbreek. Kaylie blameer die spieël en hulle doen alles in hulle vermoë om dit te vernietig. Gaan hulle daarin slaag?

Kyk hier na die voorksou:

 

 

Back to top button